Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.
"Dit is perfek geleë as n oornagplek om Augrabies Nasionale Park te besoek. Ons kom weer!"
"Sentraal geleë om dagtoere te onderneem na Nababeep, Port Nolloth, Kleinsee ens. Moeite werd om die dorp te verken en meer te leer oor die geskiedenis en ontstaan van die dorp en die mynboubedrywighede. "
"Beide die waterval en die park is oorweldigende ervarings! Sal graag weer wil gaan."
"Rustige en heerlike verby! Vir enige iemand wat wil wegbreek en ontspan van hul besige lewe."
"Die paaie in hierdie dorp is pragtig, lekker breed met geen slaggate soos ander klein dorpe nie."
"Laat genoeg tyd toe. Daar is baie om te doen en te kyk. Die restaurant by die vallei is uitstekend."
"Dit was 'n heerlike verblyf asook om die skeepswrakke te kon sien en die lugtoring. Die Hondeklipbaaiers is baie vriendelike mense - sal beslis weer teruggaan!"
"Het een keer probleme met ons voertuig gehad en hulle was baie behulpsaam gewees om ons te help. Die Hotel is 'n goeie plek om ook te oornag, wat heerlike kos bedien."
"Meer reisigers kan gerus van Britstown 'n oornagplek maak - dit behoort die dorp as toeristebestemming te bevorder."
"Dit het maar 'n tipiese Afrika dorp geword met papiere wat die wêreld vol lê in parkeerterreine."
"Daar is genoeg besienswaardighede in Colesberg wat 'n besoek regverdig. Baie vriendelike en rustige dorp."