Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.
"Baie mooi. Baie om te sien. Onthou net om warm klere saam te neem. Weer is 'n bietjie onvoorspelbaar."
"We never really spent time in the town - only stopped over for one night. The accommodation was very good."
"My eerste keer in die Springbok en wat ek ervaar het is dat dis 'n baie mooi plek is en die mense is ongelooflik vriendelik."
"Dis pragtig daar en veral 'n heerlike bestemming vir watersportliefhebbers!"
"Ons was ook by die museum en was verstom oor hoe skoon die dorp is. Die winkels maak wel vroeg toe en daar is net 'n algemene koerantjie, ander koerante is nie beskikbaar nie. Agv die afstande is dit te verstane."
"Hanover is presies halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad. Die ideale plek om oor te slaap as jy die rit in twee dae wil doen. Daar is heelwat bekostigbare oorslaap opsies. Regte plattelandse Karoodorp."
"Dit is jammer dat die samevloei van die Oranje - en Vaalrivier nie omskep word in 'n toeriste aantreklikheid nie."
"Die Spar op Springbok is 'n stop wat jy nie kan mis nie. Hierdie winkel het 'n baie hoë standaard. Die wegneemetes is van uitstaande gehalte en dan maak hul nog pizzas in 'n pizza-oond. Die roomys wat daar te koop is, gaan jy nêrens anders in Suid-Afrika kry nie. "
"Baie dankie aan ons gasvrou wat die etes by die Pofadder Hotel aanbeveel het. Die kos en atmosfeer by die restaurant is uit die boonste rakke. Ons was baie dankbaar om op 'n Sondagmiddag 16:00 sulke kos en diens te kon beleef. Ons het met ons terugreis spesiaal weer daar gestop vir ontbyt. 'n Klein plattelandse dorpie wat 'n stop werd is."
"Dorpie is aan die uitbrei met inligtingskantoor oor besoekpunte terwyl jy heerlik onder boom kan sit met heerlike koppie koffie en wortelkoek en net die rustigheid en gasvryheid kan geniet!"
"Dit is 'n pragtige dorpie met baie mooi argitektuur. Dit is veral ideaal vir oornag en die Williston Mall en restaurant was puik. Die gasvryheid was 'n heerlike kuier werd! "
"Ek is gebore in Kakamas en daar groot geword. Alhoewel ek baie jare weg is en nie so gereeld die omgewing besoek as wat ek sou wou nie, bly dit vir my een van die wonderlikste ervarings om die skoonheid van die natuur, die diversiteit wat die rooi duine, rivierlope en die verskeidenheid van die plantegroei, voëls en diere, wat in kontraste met mekaar is, te geniet. Die Kgalagadi is 'n plek waarop jy verlief kan raak en weer en weer terugkeer, gee dit net 'n kans."
"Sou graag meer te doen wou hê in die omgewing en meer persone wat riverrafting aanbied. Dat daar nie enige plekke beskikbaar was vir die riverrafting ervaring nie was 'n groot teleurstelling."
"Dis 'n mooi dorp. Moontlik kan aktiwiteite meer bemark word, ek was nie bewus van vele besienswaardighede of aktiwiteite wat ons met die oog af kon sien nie en ons is altyd op die uitkyk hiervoor. "
"'n Pragtige, skoon dorp in 'n pragtige omgewing. Benewens baie goeie hoofroetes, maak die dorp dit vir die reisiger moontlik om die sogenaamde agterpaadjies te verken, meestal grondpaaie (maar baie goed onderhou) deur verskeie passe met asembenemende vergesigte."