Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.
"Oulike plekkie vir vinnige oorslaap. Dink nie noodwendig vir meer as 'n dag nie. Beardaux-restaurant het lekker kos en vriendelike diens en 'n speelplek vir kinders is altyd 'n bonus. Diens by die Engen-vulstasie is altyd tops."
"Klein, vriendelike, warm dorp met nie veel om te doen behalwe eet en drink en rustig wees nie."
"Die munisipaliteit sal regtig werk daarvan moet maak om die waterprobleem op te los. Die museum is die moeite werd, maar dit is verval sigbaar in die dorp."
"Pragtige plek wat baie besig kan raak, maar die mense is uiters vriendelik en hulpvaardig."
"Vir my is Keimoes 'n rustige bestemming en die middelpunt van verskeie besoeke in alle rigtings."
"Bekoorlike ouwêreldse dorpie. Mis nooit die geleentheid om in die dorp te gaan rondloop nie om die stilte en rustigheid oor my te laat spoel "
"It might look like there is not much going on in this little town in the Karoo, but it is steeped in some very interesting history and has a lot to offer! We will be back to Brandwag especially to explore more of the Karoo bush, historical landmarks and rock paintings, and to eat some more lamb!"
"Perfek vir oorslaap op pad iewers heen. Vriendelike mense en die OK is oop tot tienuur die aand oor die feesseisoen. Great vir as jy laat daar aankom en iets kort."
"Die paar aantreklikhede in Prieska word swak geadverteer, byvoorbeeld daar kan veel meer met 'n rivier wat deur 'n dorp loop, gedoen word as wat Prieska tans doen!"
"Prieska kan baie doen om toerisme in die streek te bevorder. Kyk na die natuurreservaat met die blokhuis (wat uit tieroog gemaak is). "
"Meer vermaak moet gereël word. Die eetplek en die winkels moet bietjie opgeknap word, want dit is bietjie outyds."
"Colesberg is a very good destination en route to Cape Town from Johannesburg."
"Pragtige klein Karoo-dorpie - besonderse mooi kerkie. Lekker om deur die dorpie te stap met sononder. "