Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 9016 resensies.
"Die vakansiedorp is baie goed geleë, naby groot winkelsentrums en die lughawe. Dis tog klein genoeg om verwyder te wees van die stadsgewoel."
"Baie besig oor Desember, maar dit is seker maar orals besig oor die feestydperk."
"Bazley as sulks voldoen aan die behoefte. Omliggende gebiede/dorpe stel teleur. (Ongewenste elemente en misdaad.)"
Pennington, Ontsnap Uit Durban
Pennington Waves"The only problem is that there are no taxis to Scottburg Mall after nine o'clock in the morning until in the afternoon."
"Margate is ongelukkig nie meer wat dit 'n paar jaar terug was nie. Ek sou baie eerder Ramsgate aanbeveel."
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Forest Lodge"Dit was baie lekker om daar te kuier. Die mense is almal baie vriendelik."
Manaba Beach, Ontsnap Uit Durban
Natspat 11"Baie mooi strand. Net vreeslik besig gedurende die Desembervakansie."
Ramsgate Beach, Ontsnap Uit Durban
Fascadale Heights no 3"Beter as meeste van die omliggende strande. Ek sal weer gaan."
Meer-en-See, Ontsnap Uit Durban
The Holiday House"Die publieke strand word nie ordentlik deur die plaaslike munisipaliteit bestuur/in stand gehou nie. Ons sien nie ons weg oop om weer Richardsbaai te besoek voordat dit nie opgeklaar is nie."
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"A very enjoyable destination. The town itself could look a bit smarter but the Isimangiliso Reserve experience was world class. "
Zinkwazi Beach, Ontsnap Uit Durban
Black Rock Beach Cottage"Daar is 'n openbare piekniekplek. Dit was elke dag vol dagbesoekers wat ook die strand gebruik het. Zinkwasi is 'n heerlike, rustige stranddorpie."
"Geen lewensredders op die strande nie. Ons moes in Scottburgh gaan swem het. Die strand was baie vuil."
Margate North Beach, Ontsnap Uit Durban
Markon Marine 10"Soos gewoonlik baie besig, maar andersins lekker."
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
20 Villa Mia"Vir enige natuurliefhebber is hierdie 'n moet. Die voetslaanpaaie deur die oewerwoud bied gulde toegang tot voëls en klein soogdiere. Geen gevaarlike diere is bespeur nie, al is mens heeltyd op die uitkyk. Jammer oor die toe riviermond wat die hele ekosisteem verander het tot nadeel van die natuurlewe. "
Palm Beach, Ontsnap Uit Durban
Vaucanga Thuarsi"Dis stunning. Daar's 'n lekker rotsswembad, wat dit lekker maak vir die kinders om in te swem en speel."
"Ons sal definitief volgende keer 'n plekkie tussen Margate en Ramsgate soek. Uvongo se strand was vir 'n paar dae gesluit en ons moes 'n ander swemstrand gaan soek."
"Mal oor Margate. Dis so mooi groen en die mooiste natuur. Ek sal enige tyd na Margate verhuis."
Shelly Beach, Ontsnap Uit Durban
64 Cest Si Bon"Die dorpie is besig en goed versorg. Kan die Shelly Beach Centre aanbeveel sowel as die South Coast Mall. Die klein strandjies is skoon."
Leisure Bay, Ontsnap Uit Durban
766 On Bournemouth"Lovely location. Nice and quiet compared to other areas."