Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 9016 resensies.
"Wembley is 'n ongelooflike mooi woonbuurt in Pietermaritzburg. Alles is baie toegangklik van daar af."
"Daar is 'n heerlike kroeg met baie goeie pryse net oor die treinspoor. 6km vanaf Scottsburgh. Baie stil."
"Ons was jare laas daar en ek is baie bly om te sien dat daar nou wel weer 'n strand is en dat dit netjies en skoon is, ons het n heerlike paar dae op die strand deurgebring."
"Ramsgate is 'n heel goed geleë toeriste bestemming. Daar is inkopiesentrums redelik naby, die strand is mooi skoon en heerlik om te swem in die see. En Wild Coast Sun is net om die draai vir die hele familie se genot."
Umhlanga Ridge, Ontsnap Uit Durban
8 Royal Palm B&B"Ons het veilig gevoel. Umhlanga Ridge was beslis die kuier werd."
"Die dorp en die omgewing is mooi. Die swemstrand is gevaarlik, maar Kaap Vidal het 'n pragtige mooi strand. Dis ook 'n mooi pad soontoe."
Pennington, Ontsnap Uit Durban
Huisie By die See"Strand baie netjies en skoon, hulle kan net sand verwyder uit getypoel. Winkels voldoende."
Umhlanga Rocks, Ontsnap Uit Durban
The Pearls of Umhlanga 11-1"Sal dit aanbeveel vir 'n winterbestemming vir Kaapenaars wat koudkry."
"'n Baie klein en rustige plekkie langs die see wat goed akkomoderend is vir al mens se benodighede. Is naby genoeg dat mens na enige van die groter plekke soos Umhlanga, Durban of Ballito toe kan gaan."
"Rustige kusdorpie wat sentraal geleë is vanaf vele besienswaardighede en aktiwiteite met veilige strande en goeie restaurante."
Shelly Beach, Ontsnap Uit Durban
Eden Dunes 58"Manne het lekker visgevang en ek kon fliek gaan kyk."
Alverstone, Ontsnap Uit Durban
Anvil Stud Cottages"Baie goed gelee sou jy 1000 Heuwels besoek of een van die ander toeristebestemmings in die omgewing."
Port Edward, Ontsnap Uit Durban
Clearwater Cottage"Dit is meer natuurlik as die ander Suidkusstrande, dus is dit wonderlik! "
Willard's Beach, Ontsnap Uit Durban
At Ballito Manor View"Altyd lekker om in die winter hier te kan swem en te ontspan."
Pennington, Ontsnap Uit Durban
Elhanan"Pennington se strandkafeetjie (Impithi Beach Kiosk) wat bedryf word deur die Pennington Bewaringsliggaam (Pennington Conservancy) se ligging, produkte en diens is puik. Die spyskaart is keurig en die kos goed. Daar is op sekere dae tuisgemaakte pasteie. Gaan vind vroeg uit wanneer dit deel vorm van die spyskaart! "
Pietermaritzburg, Ontsnap Uit Durban
Kwela Lodge"Ons was net in een mall - ken glad nie vir Pietermaritzburg nie."
Shelly Beach, Ontsnap Uit Durban
Eden Dunes 58"It's very nice. It's walking distance to everything (mall, beach, restaurants). Security is very good and secure parking as well. The braai facilities and pool also comes in very handy for being so close to each other."