Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
On the 18th"Ons geniet dit om in Robertson te gaan kuier. Ons het die aand by die Four Cousins restaurant gaan eet. Die kos smaakvol en baie goed voorberei en bedien. Ons sal Four Cousins definitief aanbeveel."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Hotel"Hulpvaardige mense en 'n ideale vakansiebasis dorp om ook die omgewing te verken."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Cape Cottages Sunbird Aloe Cottage"Dis verseker een van die kleiner dorpies wat mens moet gaan sien en daar gaan woon vir 'n paar dae. Die stilte en rustigheid is natuurlik 'n wenner en die vriendelike mense (oral waar ons was in en om McGregor) was voorwaar uitsonderlik."
Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Pearly Stay"Ons het ons eerste oggend na die see toe gestap en op 'n groep stropers afgekom. Daarna onveilig gevoel en die see vermy."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Guesthouse LaRachelle"Puik toeristebestemming. Soveel om te ervaar."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Plumbago Cottages"Ek kan Van Loveren wynplaas sterk aanbeveel, daar is 'n staproete as jy kans sien vir 'n steil bult met asemrowende uitsigte. Ook fantastiese restaurant, tuine, ens. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Komyntjie 3"Die lieflikste, rustige dorpie met wonderlike eetplekke."
"Oulike, rustige plekkie langs die kus. Maar, mis 'n bietjie "magic" van ander kusdorpies soos Stilbaai of Arniston."
"Dis ‘n plek wat mens moet sien en beleef. Ouwêreldse sjarme."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Cederkloof Botanical Retreat"Die omgewing is pragtig, maar die dorp was chaos!"
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Cederkloof Botanical Retreat"Jammer die gholfklub is toe in die week. Geen slaghuis en restaurant?"
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Paradise Beach Apartment 9 Elara"Lekker klimaat, baie om te sien en te doen."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Sunflower Cottage"Lovely weekend in the cottage and in Mcgregor - very nice small town with friendly community, good food, and lots of things to do. "
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Whale Heights"Perfek vir walviskyk. Pragtige natuurskoon. Veilig en rustige area."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Neptunus 1"Baie pragtige dorpie en die mense is die altyd vriendelik."