Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Fletchers Cove"Hou van die dorpie en sy omgewing, veral vir sy rustigheid."
Riebeek-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad
The Magical Kliphuis"My besigheid is Riebeeck Kasteel en derhalwe is dit bietjie uit die pad van al die eetplekke in Riebeeck Kasteel."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Marianne's Self-Catering Flat"Dit is nie so ver uit die Kaap nie so dit is maklik om vir 'n naweek te kom. Al die winkels is ook daar om te kry wat ons benodig. Langebaan as 'n geheel het 'n vriendelike gemeenskap met heelwat aktiwiteite. Om deur die natuurreservaat te kon hardloop was 'n belewenis. Mooi herinneringe van Langebaan en ons kom definitief terug!"
Pringlebaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Traveller's Lodge"Pragtige strand wat soos 'n amfiteater voel en wat omring word deur die Koggelberge. "
Kleinbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Aire del Mar Guesthouse"Redelik sentraal, naby Hermanus en Stanford."
"As jy van rustigheid en stilte hou, veral buite seisoen, is Witsand die plek. Heerlik stil om lekker te kan ontspan. "
Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Franskraal B&B"Daar is ongelukkig nie veel restaurante vir middag- en aandete nie."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Azzuro - Duplicate"Paternoster het fantastiese restaurante en kuierplekke. Die enigste probleem is die ouens wat krewe verkoop en die feit dat daar by ons bure se kar ingebreek is."
"We wish we had more time to spend in the picturesque town of Tulbagh. We'll definitely make our next stay longer so we can walk through the town and enjoy the village more."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Barrydale Karoo Lodge - Boutique Hotel"Baie oulike dorp, maar die restaurante in Barrydale maak almal vroeg toe - so 4 uur die middag, so sorg dat jy betyds daar kom, anders moet jy na die naaste dorp (Swellendam of Montagu) ry vir aandete."
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Seeperdjie @ Lieflappie"Ideale wegbreekbestemming met verskeie aktiwiteite vir klein en groot."
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Stroois"Baie lekker maar ek weet dat dit te besig word oor Kersfeestyd. Die slaghuis se Blombos-boerewors is 'n moet. Ons het nog gaan koop om huis toe te neem. "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Anna se Huis"Yzerfontein is 'n pragtige bestemming en ek sal enigiemand aanraai om wel die moeite te doen om in te draai om te gaan verken as jy hou van rustigheid sonder hope vermaak. Ons hou baie van rustige mooi en stil vakansieplekke, dus was Yzerfontein so reg in ons kraal. Alhoewel rustig, is daar wel genoeg om te doen vir wanneer jy die dag wel iets wil gaan doen - dis nie morsdood nie! Veilig, en vriendelike mense. Sal verseker teruggaan."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Catalina Cottage"'n Heerlike vakansiedorp met al die geriewe wat nodig is om die vakansie ten volle te geniet. Eetplekke is fantasties."