Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Starry Nights"We had a warm and hearty welcome, relaxed, took a hike to a waterfall, had a beautiful birthday dinner at "Bydidam". Lovely experience."
Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Fynbos Villa Guesthouse"Baie gaaf as 'n mens daar plek kry. 'n Mens kan stap na baie dele toe omdat daar so min parkeerplek in Stellenbosch is."
"Witsand is 'n juweel. Mag die plekkie groot ontwikkelings vryspring. As jy rus en vrede soek, gaan daarheen."
"Witsand is 'n ideale plek vir sweefski as gevolg van die wind en die strandmeer, maar dis nie die beste vakansie-opsie vir gesinne met jong kinders nie. Daar was heelwat dae wat ons die kinders glad nie uit die huis uit kon vat tensy ons erens anders gery het nie."
Brandwacht, Ontsnap Uit Kaapstad
Feel @ Home"Brandwag is 'n rustige plek. Baie wonderlik vir buitelanders."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Stanford Valley Country Lodge"Hermanus is baie mooi, maar drukbesig oor DEC-periode."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Tietiesdraai"Paternoster is 'n goeie toeristebestemming; baie besoekers; moeilik of onmoontlik om plek te kry om te eet by restaurante, want almal is meestal volbespreek... Seker maar as gevolg van die seisoen, maar ek het nie klagtes nie. Paternoster is vir my baie lekker en sentraal. Ons ry baie rond. Ek dink nie dis die ideale plek vir 'n swemvakansie nie."
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
Lorraines Place"Ons was na die besige seisoen daar. Baie rustige klein plekkie. Voel heel veilig."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Hermanus Whale View"Hermanus was en is nog altyd 'n gewilde plekkie om vir 'n naweek of sommer net vir 'n daguitstappie te besoek omdat dit nie ver van Kaapstad is nie. Daar is goeie restaurante, interessante winkeltjies en markte, asook 'n pragtige wynroete. Verder is daar ander mooi plekkies naby om te besoek soos bv. Stanford."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
At the Beach 1"Ons het die plaaslike mense baie vriendelik gevind, maar het koue en soms onbeskofte diens by toeriste-aantreklikhede ervaar. Oep ve Koep sien ons byvoorbeeld nie weer nie, en nie net omdat hul pryse astronomies beledigend is nie."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Shelley Point TF22"Amazing place to relax and enjoy amazing views of the beach."
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Beautiful Holiday Home"Stil en rustige plek met vriendelike mense. Ongelukkig nie geweet die kafee maak na 6 toe nie! Besienswaardighede bied alles wat toeris verwag sonder formele afsprake en formaliteite. "
"Ons het Onrus geniet en dink dit is vir die persoon wat 'n rustige, kusdorpie-atmosfeer soek, die antwoord. "
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
25 The Tides"Struisbaai is fantasties. Die min restaurante maak op vir die lekker tyd wat jy by die see kan hê, asook om vars vis te vang of sommer by die hawe te koop. Die hawe het 'n goeie en veilige speelstrand vir klein kinders."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Oom Piet Accommodation"Wonderlike skoon dorpie. Plaaslik en vriendelike gemeenskap met alles wat jy soek vir 'n rustige wegbreek weg van die gejaag van die Kaap. Werklik 'n belewinis!"
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Guesthouse LaRachelle"Baie lekker en rustige dorpie met heelwat om te sien en te doen - van historiese besienswaardighede op die dorp tot heelwat nasionale parke vir die avontuurlustige reisigers! Die dorp is ook nie ver van die kus af nie en 'n daguitstappie na Hermanus is ook moontlik indien 'n mens so voel."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Kingfisher @ The Beach @ The Cove Langebaan"Dit kan winderig raak later in die dag so gaan vroeg strand toe."
Bonnievale, Ontsnap Uit Kaapstad
A Place in Thyme B&B"Die vriendelikste, behulpsaamste mense ooit."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Bitter Aangenaam"Love it! So much to do as a family: fishing, running, cycling, boogie boarding, swimming, etc."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Piekenierskloof Mountain Resort - Dream Resorts"Baie rustige area, mooi uitsig, kalm atmosfeer."