Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
"Our family have left our hearts in Struisbaai. We loved every single holiday and we always look forward to coming back."
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
Arniston Guest House"Dit is die heel mooiste geheim in Suid-Afrika. Dit is voorwaar 'n plekkie waar 'n mens weer kan mens word."
"As jy 'n 4x4-voertuig het, kan jy die Nasionale Park besoek. Dit is 'n groot aanwins en belewenis vir 'n heerlike vakansie. Pragtige dorpie, baie om te doen, vriendelike mense, naby Struisbaai, en sou jy nog wou beleef is Struisbaai se hawe pragtig en bied 'n mooi swemstrand. "
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Boesmanskloof - Die Galg Accommodation"McGregor het aangename teetuine. Daar is genoeg winkels om die nodige voorraad te kry, maar die gebrek aan kettingwinkels gee nog die plattelandse gevoel. Die dorp se hoofstraat is mooi."
"Witsand is 'n pragtige plek en ek het absoluut my hart daar verloor. Ek beveel dit sterk aan."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Flametree"Baie mooi dorp met mooi geboue, en die museum is baie interessant. "
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Moolmanshof Main House and Self-Catering Accommodation"Pragtige dorpie met vele restaurante en vriendelike mense."
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Fisherman's Cottage"Baie netjiese dorp en daar is 'n mens weg van die alledaagse gejaag van 'n groot dorp."
"Lieflike plek met vriendelike mense en mooi uitsigte met klomp gehaltewynplase om by te kuier. Geniet dit altyd hier. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea Castle 1"Beweerde misdaad waarteen almal ons gewaarsku het, is ontrustend en dit bring 'n negatiewe aspek in by die verblyf, want ons kon nie werklik ontspan en rus nie. "
"Baie lekker weer vir swem en buitelugaktiwiteite. Beskik nog oor plattelandse rustigheid. Baie goed vir 'n vinnige wegbreek."
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
Arniston Guest House"Arniston is a delightful little fishing village. The ideal place for a quiet breakaway."
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
Joan's Place"Dit is soos 'n miniatuur V&A Waterfront – pragtig en veilig. "
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Ocean Song Self Catering"Sandbaai (tussen Hermanus en Onrus) is heerlik. Dit het genoeg winkeltjies dat jy nie ver hoef te soek nie as jy iets kort nie, en dit het 'n klein strandjie. Die kinders het veral die speelplek by die kwekery geniet. "
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Wykeham"Die historiese gedeelte van die dorp is 'n besoek werd. Dis net jammer vir al die sekuriteitsheinings. Sou graag die ou NG Kerk se binnekant wou sien, maar alles was agter slot en grendel. Die Kleinplasie-museum en dorp se Klein Karoo-natuurtuin is beslis 'n besoek werd."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Vredenhof Cottages"Pragtige toeristedorpie. Die area bied baie om te doen. "