Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
17 Lappiesbaai"Stilbaai kort beslis meer goeie restaurante, want daar is slegs twee wat regtig die moeite werd was."
Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad
xxxxxxxxxxxxxxx"Fantastiese, rustige plek. Mooi skoon strande en ek het veilig gevoel om met my seun af te loop strand toe. Al die inwoners is vriendelik en mens voel sommer tuis."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Marlinda's cottage"Sou graag meer dinge wou doen, maar het gevind dat dit vir die gewone mens onbetaalbaar duur is, soos byvoorbeeld die bote wat uitgaan om walvisse te kyk."
"Ons hou van Big Bay, want alles is net so by mekaar en gerieflik Ek sou wel 'n swem area soos miskien 'n onderdak swembad vir vakansiegangers aanbeveel."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Marianne's Self-Catering Flat"Ons was ongelukkig daar terwyl daar aan die strate gewerk is, maar na voltooiing van die padwerke sal Langebaan nog beter wees as voorheen."
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Clivia Huis"Pragtige skoon dorp, sentraal geleë en vriendelike mense."
"Rustig, stil en beeldskone natuur, dorp is netjies en skoon. Baie walvisse gesien. Wonderlik. Lekker strand om met honde te loop as mense hulle honde aan halsbande hou. Die beskikbare winkels is bietjie duur, reken dit is omdat dit uit die hoofstroom is."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Hangnes @ Boskloof Swemgat"Die dorpie Clanwilliam is verwaarloos en die paaie is sleg."
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Snails' End Cottage"Pragtige plek, oorheers deur buitelandse besoekers wat pryse opjaag."
"Die hele omgewing is mooi en bied baie aan en sommige advertensies gebruik die naam Mykonos, maar is nie gedeelte van die klub nie. Ek glo hulle is almal goeie waarde vir geld, maar persoonlik dink ek om 'n plek binne Club Mykonos self te bespreek maak die ervaring net ekstra spesiaal."
Britanniabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Onse Baai"Daar is baie min om te doen in Britannia Baai, maar as jy 'n boot het, is dit net die plek om te gaan."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Aan d' Oewer Bed & Breakfast"Die aantrekking van Citrusdal as toeristebestemming is opgesluit in die pragtige omgewing. Ons sal graag weer die gebied wil verken."
Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Leegle"Het 'n lekker rustige landelike atmosfeer. Naby goeie visvangplekke. Ek gaan gereeld daarheen vir 'n lekker wegbreek."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
83 Dassen Island"Yzerfontein is 'n pragtige dorpie met vriendelike inwoners!"
Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad
Overberg Gems - The Little Farmhouse"Die hele area skep 'n gevoel van rustigheid, tyd staan stil."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Tuscany"Die Weskus Nasionale Park en mooi strande is beslis die aantrekkingskrag. As mens ordentlike oornag geriewe kry kan dit 'n goeie toeristebestemming wees. "
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Ou Werf"Pragtige dorpie met nodigste winkels. Moenie te veel uitbrei nie. Hou van hoe dit tans is."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Alamapstieks"Ek is baie lief vir Paternoster. Wens ek kon meer dikwels soontoe gaan gaan!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Ahoy Cottage 4"Beautiful town with plenty restaurants and things to do and see. Lovely beach!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Baywatch Villa and Cottage"Mooi plek, mooi strand. Hou van die wit huise."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Bella Casa"Die huidige padwerke/"de tours" in Langebaan was die enigste demper op ons naweek."
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Obiekwa Country House"Was heerlik verras met al die winkeltjies en diens van restaurant tot PnP. Alles was pynlik netjies op die rakke. Troue by De Vlok was pragtig. Pragtige kerk!"
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Speelhuis"Aangename toeriste aantrekking. Sal verseker weer Langebaan besoek."