Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Calypso Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Crystal Lagoon Lodge"Dit voel of jy op jou eie private strand is, heerlik."
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
Olifantskop Cottage"Wellington is nie regtig gespits op toeriste nie - meeste van hul wynplase maak vroeg toe op 'n Saterdag en is Sondae toe. Dit was nie 'n reuse probleem nie aangesien Paarl, Tulbagh en Riebeek-Kasteel heel naby was, maar die Wellington-wyne was so lekker dat ons spyt was ons kon nie meer ervaar nie. Wat wel vir ons baie lekker was, is dat juis omdat dit nie so kommersieel is nie en ons baie persoonlike aandag by die kelders gekry het, soms vanaf die eienaars en/of wynmakers self. Ons het heerlik geëet by Gecko Lounge in die dorp. Ek glo ons sal Wellington weer besoek."
Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Rivierbos Guest House"Parkering 'n nagmerrie! Uitstaande restaurante en wye verskeidenheid van smake en geure! Wonderlike toerisme ervaring!"
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Vidi's Place"Vir ons mense van Gauteng is dit snaaks dat omtrent geen huis omhein is nie. Love dit! "
Die Boord, Ontsnap Uit Kaapstad
Magnolia Place Stellenbosch Guest House"'n Netjiese, gevestigde, boomryke omgewing."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Gonana Studios & Villa"Baie lekker eetplekke, na my mening bietjie duur, maar die diens was oral uitstekend.Jammer vir die lastige kreefsmouse."
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
LaShalom Self Catering Unit"Asemrowende omgewing met die karakter van 'n idilliese eiland. 'n Lushof."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Picollo Bocca Villa"Kleinmond is baie rustig en die natuur is wonderlik. Goeie rus vir jou siel en goed vir een se gemoed."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
26 on Chardonnay"Oorgenoeg aktiwiteite om 'n wegbreeknaweek met wonderlike herinneringe te vul."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Randrivier Guesthouse"Robertson bly een van die juwele van die Kaap. Ons kuier altyd heerlik in Robertson, ons kom altyd weer terug na die mooi omgewing."
Heidelberg, Ontsnap Uit Kaapstad
Bed@Art"Mooi rustige dorp met pragtig ou geboue en daardie berge in die agtergrond is onbeskryflik mooi."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Jacobsbaai Self-catering"Jacobsbaai is 'n pragtige eg Weskus dorpie en bekend aan ons almal. Dit is stil en rustig. Dit het ook 'n baie veilige atmosfeer. Gelukkig is dit nie ver van Vredenburg af nie. "
Britanniabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Nautilus Self-Catering Accommodation"Quiet, quaint, no traffic or shopping malls to drive you mad, just the place to unwind but close enough to Vredenburg if you need to shop."
"Seker die dorp met die vriendelikste en hulpvaardigste mense! Kan nie wag om weer te gaan kuier nie!"
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Tourist Lodge Gansbaai"Dit is al die vriendelike en hulpvaardige mense wat vir Gansbaai lekker maak."
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Alika's"Die skoonste dorp met die vriendelikste mense en ongerepte natuur!"