Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Raaswater Country Stay"Worcester is a great place to shop and people are friendly."
Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad
112 On Dorp"Om in Stellenbosch oor te bly vir 'n paar dae is amper soos om in 'n Africana-skildery rond te loop: die ou geboue word met begrip liefdevol in stand gehou en gebruik. Die mense op straat was vriendelik soos mens jou Bolanders en ontspanne toeriste sal voorstel. 'n Juweel."
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Ocean Song Self Catering"Sandbaai is sentraal geleë om maklik en vinnig by die hospitaal, middedorp, die hawe, die Mall en alle ander winkels, restaurante ens. uit te kom. Die omgewing is pragtig en veilig. "
"Montagu is 'n pragtige dorpie, hoort op elkeen se vakansie lysie te wees."
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Blougans B&B"Ons het bietjie gaan verken in De Kelders. Ongelooflik mooi!"
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
The Grail Centre"Alhoewel dit 'n klein dorpie is, is daar baie om te doen en te ontdek. "
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Karoo Art Hotel"Doen jouself 'n guns en ry deur die dorp, orals is kunswerke te sien op mure, teen geboue en sommer in tuine. Daar is oulike winkels met pragtige en smaakvolle produkte. Ry tot teen die hoogste koppie uit en geniet 'n asemrowende gesig van kleure en geure."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Old Mill Guest House & Old Gaol Restaurant"Pragtige dorp met die berge in die agtergrond."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Forget-me-not"Wat 'n puik juweel aan die Kaapse kus! Ek weet nie hoekom ek nog nooit daarheen gekom het met vakansie nie. Daar is allerhande interessante klein winkeltjeis en heerlike eetplekke in Kleinmond en die mense is baie vriendelik. Die strand en strandmeer by Palmiet strand karavaanpark-area is asemrowend mooi en dit het gevoel of ons die enigste mense op die strand is - geen mensgemaakte goed was sigbaar nie - alles net ongerep - die berge, strandmeer, see en voëls. Pragtig. Die pikkewynkolonie by Stoney Point in Bettysbaai is ook 'n moet sien. Kogelberg Natuurreservaat met sy pragtige proteas in die veld en wondermooie rotsformasies is ook baie mooi om te gaan besigtig. Die pad langs die see tussen Kleinmond en Gordonsbaai is asemrowend mooi."
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Melkbos on D’Beach"Klein dorpie met al die benodighede vir 'n vakansie. Wonderlike klein restuarante teen die see."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Alabaster Box B&B"Ek het my vakansie sowel as my verblyf baie geniet. Dit was my eerste besoek aan Langebaan, ons het dit terdeë geniet. "
"Die dorpie is baie interessant, want dit is so geskiedkundig. Daar is genoeg wynplase om te besoek, as jy van die soort ding hou."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Lewens-Essens B&B on C"Yzerfontein is baie oulik. Omgewing pragtig."
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Hermanus Beach House"Sandbaai is beslis die plek om vakansie te hou, talle swem strande naby en veilig om te gaan stap enige tyd van die dag."
Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Black Horse Suites"Die area is lekker omdat dit nabygeleë aan baie restaurante en aktiwiteite is. Oor die feesseisoen is die dorp baie stil."
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Melkbos on D’Beach"Dis 'n baie mooi plekkie sal beslis weer soontoe gaan maar nie in Desember nie."
Britanniabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Nautilus Self-Catering Accommodation"Pragtig. Die plek sal my verseker weer sien. Wind waai soms erg, maar dis alles die moeite werd!"
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Snails' End Cottage"Lekker rustig en naby genoeg aan Kaapstad as jy lus is vir 'n dag se vermaak."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Lady Grey Walk Cottage"McGregor is PRAGTIG mooi en ek sal weer soontoe gaan."
"Dis so 'n lekker rustige dorpie, klomp nice mense, en regtig lekker wyn om te proe."