Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.

Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad

Raaswater Country Stay

"Worcester is a great place to shop and people are friendly."

Paarl, Ontsnap Uit Kaapstad

De Kleijne Bos Country House

"Nog baie om te doen en te beleef."

Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad

112 On Dorp

"Om in Stellenbosch oor te bly vir 'n paar dae is amper soos om in 'n Africana-skildery rond te loop: die ou geboue word met begrip liefdevol in stand gehou en gebruik. Die mense op straat was vriendelik soos mens jou Bolanders en ontspanne toeriste sal voorstel. 'n Juweel."

Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Bucaco Sud

"Beautiful and peaceful. "

Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad

Potpourri Stay

"Nice dorpie. Zuidste Kaap het die beste steak wat ek in 'n lang tyd geëet het."

Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad

Ocean Song Self Catering

"Sandbaai is sentraal geleë om maklik en vinnig by die hospitaal, middedorp, die hawe, die Mall en alle ander winkels, restaurante ens. uit te kom. Die omgewing is pragtig en veilig. "

Witsand, Ontsnap Uit Kaapstad

Pepper Tree Cottage

"Witsand is amazing, 'n kite surfer se droom bestemming. "

Montagu, Ontsnap Uit Kaapstad

Le Domaine Self Catering Farm Cottages

"Montagu is 'n pragtige dorpie, hoort op elkeen se vakansie lysie te wees."

De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad

Blougans B&B

"Ons het bietjie gaan verken in De Kelders. Ongelooflik mooi!"

Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad

The Grail Centre

"Alhoewel dit 'n klein dorpie is, is daar baie om te doen en te ontdek. "

Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad

Karoo Art Hotel

"Doen jouself 'n guns en ry deur die dorp, orals is kunswerke te sien op mure, teen geboue en sommer in tuine. Daar is oulike winkels met pragtige en smaakvolle produkte. Ry tot teen die hoogste koppie uit en geniet 'n asemrowende gesig van kleure en geure."

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

Old Mill Guest House & Old Gaol Restaurant

"Pragtige dorp met die berge in die agtergrond."

Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad

Forget-me-not

"Wat 'n puik juweel aan die Kaapse kus! Ek weet nie hoekom ek nog nooit daarheen gekom het met vakansie nie. Daar is allerhande interessante klein winkeltjeis en heerlike eetplekke in Kleinmond en die mense is baie vriendelik. Die strand en strandmeer by Palmiet strand karavaanpark-area is asemrowend mooi en dit het gevoel of ons die enigste mense op die strand is - geen mensgemaakte goed was sigbaar nie - alles net ongerep - die berge, strandmeer, see en voëls. Pragtig. Die pikkewynkolonie by Stoney Point in Bettysbaai is ook 'n moet sien. Kogelberg Natuurreservaat met sy pragtige proteas in die veld en wondermooie rotsformasies is ook baie mooi om te gaan besigtig. Die pad langs die see tussen Kleinmond en Gordonsbaai is asemrowend mooi."

Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad

Melkbos on D’Beach

"Klein dorpie met al die benodighede vir 'n vakansie. Wonderlike klein restuarante teen die see."

Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad

Alabaster Box B&B

"Ek het my vakansie sowel as my verblyf baie geniet. Dit was my eerste besoek aan Langebaan, ons het dit terdeë geniet. "

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

Raptor Rise

"Die dorpie is baie interessant, want dit is so geskiedkundig. Daar is genoeg wynplase om te besoek, as jy van die soort ding hou."

Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad

Lewens-Essens B&B on C

"Yzerfontein is baie oulik. Omgewing pragtig."

Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad

Hermanus Beach House

"Sandbaai is beslis die plek om vakansie te hou, talle swem strande naby en veilig om te gaan stap enige tyd van die dag."

Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad

Black Horse Suites

"Die area is lekker omdat dit nabygeleë aan baie restaurante en aktiwiteite is. Oor die feesseisoen is die dorp baie stil."

Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad

Melkbos on D’Beach

"Dis 'n baie mooi plekkie sal beslis weer soontoe gaan maar nie in Desember nie."

Britanniabaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Nautilus Self-Catering Accommodation

"Pragtig. Die plek sal my verseker weer sien. Wind waai soms erg, maar dis alles die moeite werd!"

Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad

Snails' End Cottage

"Lekker rustig en naby genoeg aan Kaapstad as jy lus is vir 'n dag se vermaak."

McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad

Lady Grey Walk Cottage

"McGregor is PRAGTIG mooi en ek sal weer soontoe gaan."

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

Tulbagh Country Guest House

"Dis so 'n lekker rustige dorpie, klomp nice mense, en regtig lekker wyn om te proe."

Blad
Blad 889 - Wys 26641 tot 26670

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang