Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10322 reviews.
"Graaff-Reinet is 'n gemaklike oorslaapplek vir enige iemand op pad Kaap toe, en die kerk in die hoofstraat moet die mooiste kerk in SA wees."
"Ek kom van Bloemfontein en dis dieselfde bestuur, kultuur en vriendelikheid van die mense om jou, dis net by die lekker see. Jy het kilometers se oop strande wat alles bied."
"Wel, soos die res van Suid Afrika is die verval sigbaar. Maar dit is 'n pragtige dorp en die restaurant Polka is van die beste in die wêreld."
"Somerstrand is sentraal genoeg vir alle aktiwiteite. Die strand is skoon en bereikbaar te voet, het netjiese en oulike restaurante, 'n pragtige see en baie vriendelike mense."
"Mens behoort 'n dag hier deur te bring om alles te sien, want 'n oorslaap was nie voldoende nie. Dit help dat daar nou 'n teerpad na die dorp vanaf Graaff-Reinet se kant is, maar dit gaan my verstand te bowe waarom dit skielik ophou 'n hele ent buite die dorp!"
"Rhodes is 'n pragtige historiese dorpie wat verskeie besoeke waardig is. Ek glo 'n mens moet probeer om dit in elke seisoen te ervaar."
"Ons hou van die stilte en die klein gemeenskap. Die Uilhuis was baie interressant en die restaurantjie en kroegie wat ons besoek het was baie oulik ingerig met mooi dekor. In hierdie dorpie kan 'n mens kom rus en onttrek van die samelewing en net weer jouself vind. Hier wil ek vir 'n maand kom bly!"
"Gonubie bied alles wat 'n mens kan verwag by 'n groter plek / dorp / stad, maar in 'n baie minder besige omgewing."
"A chilled, picturesque, small, quaint village and during peak season there is a lot of fun to enjoy if you are in or near the centre of it all. However, don't go expecting an abundance of great food and outstanding service, as unfortunately, there are very few restaurants that were even mildly acceptable. Also, not a great place to take any type of low car/sports cars - the roads are a shocker! "
"Die omgewing is pragtig! Die paaie in die omgewing is goed onderhou, maar die dorp se strate is werklik iets waaraan die munisipaliteit dringend moet aandag gee!"
"Die oulikste dorpie is baie vervalle. Eienaars van leë huise moet teen bekostigbare pryse verkoop en aan mense wat graag erwe wil bewerk. Die Skemas is goed ontwikkel en floreer. Ek sal graag wil sien dat die munisipaliteit meer aandag aan die skoonmaak van slote en klein stroompies skenk. Ek beveel aan dat skole herwinningsprogramme reël."
"Dis 'n gewilde strand met heelwat restaurante en wegneemeetplekke. Veilig om langs die see te draf of stap. Gelukkig was die vakansietoeloop grotendeels verby toe ons daar was."
"Jeffreysbaai is 'n pragtige plek, baie skoon en het baie vriendelike mense. Ons het sommer tuis gevoel. Wanneer ek aftree sal ek graag vir ons 'n strandhuis daar koop."
"Maak seker jy het genoeg kontant en petrol - daar is geen ATM, byna geen kaartmasjiene nie en die naaste vulstasie is ongeveeer 60 km daarvan af."
"Our first time to St Francis Bay and enjoyed every minute of it. Loved the laid back and peaceful atmosphere. Enjoyed the harbour cafes/restaurants with the fish and calamari and a view of the ocean was to die for. Enjoyed the quaint village and the mini Saturday market. Looking forward to the next visit."
"Lewe word interessant op die klein dorpies. Hulle het groot droogte en water word in die aande bepland afgesny. Tydens ons besoek was daar onbeplande krag- en wateronderbrekings. Queenstown het lieflike ou sandsteengeboue, waarvan sommiges mooi beskerm word. Aanbeveling - besoek die Queenstown Museum, net R2 p.p. en die moeite werd al word daar nie genoeg gedoen om dit op te dateer nie. Ryk ou geskiedenis en 'n mooi skoenlapperversameling. "
"Venterstad sou ek nie as toeristebestemming beskou nie. Oviston sou ek 4 sterre gee aangesien dit so naby Gariepdam is en dit 'n gerieflike oorslaapbestemming tussen die Kaap en Pretoria is. "
"Gonubie is 'n pragtige plekkie en baie lekker om vakansie te hou, want dit is nie so besig nie. Ek sal net wel aanbeveel dat hulle die slaggate toemaak en dat daar vir die mense wat op Kersdag en Nuwejaar op strande mors meer plan gemaak sal word."
"Dit was beslis die 3 dae se oorslaap werd. Ek vertel reeds vir almal wat wil luister hoe 'n heerlike vakansie-ervaring dit was. "
"Venterstad is 'n rustige klein Karoodorpie, maar dit is baie naby die Gariepdam. Die Gariepdam-damwaltoer is verseker die moeite werd. "