Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10322 resensies.
"Het net een nag oornag. Kan dus seker nie te veel sê nie. Die roete om daar uit te kom was wel baie onaangenaam (die pad is netjies, maar honderde draaie/kinkels - was later skoon karsiek). Wou graag swem, maar daarteen beveel gegewe haaie. Het baie lekker geëet by Steve's Pub."
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
Jenny's Guest House"Jy sal 2 dae of so daar moet spandeer om die museums en geskiedkundige plekke te besoek."
"'n Groot verrassing. Die Uilhuis ongelooflik interessant. Die bierbrouery 'n wenresep en Jacob met sy donkierit 'n juweel. Naas Montagu, my gunsteling battery-herlaai-dorp."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Tobeca Loft"Tans is dit vuil. As Suid-Afrikaner pla dit my nie genoeg om weg te bly nie, maar nouja, 'n toeris voel dalk anders. Die beste deel van PE is die mense - Baie vriendelik en behulpsaam."
"'n Bonus is die toer deur die dorpie op Jakob van Staden se donkiekar. Kry gerus sy nommer by die Uilhuis en kontak hom. Dit was ons hoogtepunt! Hy het groot geword in die omgewing en ken die geskiedenis en die plek soos die palm van sy hand. Die Uilhuis is iets besonders om te besoek. Die dorpie is 'n lafenis vir die rustige reisiger. Skape en Perde loop in die dorpstrate rond. Van die winkeltjies is slegs oop gedurende hoogseisoen. Verskillende staproetes kan in die omgewing gedoen word. Sal aanbeveel dat daar meer as een aand oorgeslaap word. Pragtige murasies en ander opsies vir die entoesiastiese fotograaf. Tieners kan die dorpie dalk as bietjie stil ervaar, maar vir ons was dit 'n lafenis vir die siel!"
"Solank kinders daar studeer sal besoeke op ons lysie wees, maar ongelukkig nie tradisionele toeriste nie."
"Dis 'n pragtige Karoodorp met 'n ryk geskiedenis en baie besienswaardighede. Beplan om vir 'n paar dae terug te gaan om meer van die besienswaardighede te besoek."
"Die Sondagsrivier wat daar deurvloei is regtig baie mooi en die riviermond is ongelooflik mooi. Vriendelike, gasvrye mense."
"Baie bekommerd oor diefstal. Ons het die inbraak by die polisie aangemeld, maar het geen ondersteuning gekry nie. Behalwe vir dit is Rhodes 'n pragtige plek."
"Ons gaan elke jaar terug Jeffreysbaai toe, die beste strande, en mense is alom vriendelik. Alreeds so ver uitgebrei oor die jare, maar die dorp het steeds 'n "klein dorpie" gevoel."
"Seaview is 'n klein, baie rustige dorpie langs die see, met toegang tot die basiese benodigdhede. Goeie verblyf vir hengelaars, baie om te sien, naby genoeg (15km) aan Port Elizabeth, en ver genoeg om die stad se bedrywighede te ontduik."
"Die 'n lieflike stranddorpie, mooi skoon en die paaie lyk nie te sleg nie. Daar is 'n paar wegneem-eetplekke en winkels."
"Blue Room is die enigste eetplek op die dorp. Baie lekker kos by die Camdeboo-padstal. Panele in die kerksaal baie besonders. Die kerk is indrukwekkend. Daar is `n paar fantastiese huise uit die dorp se gloriedae. Doen die sirkelroete via Murraysburg en Graaff-Reinet - wonderlike landskappe. En Aberdeen is net `n halfuur se ry van Graaff-Reinet af. "
"Mense is baie vriendelik. Geen bedelaars wat ons gepla het nie. Dorpie is baie skoon en rustige area."