Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.
"Ek hou van Walmer omdat daar baie klein eetplekkies, koffieplekke en klein besighede is, sowel as die groot Mall. Dis 'n goeie area om in te ontspan en dit is naby genoeg aan die see en ander ontspanningsplekke."
"Goed geleë. Die Sondagsriviersmond en die Dias-kruis by Boknesstrand was hoogtepunte. Die padstal Tam'Jazi op pad Alexandria toe kan aanbeveel word."
"Die munisipale infrastruktuur kort aandag. Rioolloop op strande uiters onsmaaklik."
"Ons kinders was op kriekettoer en het by die backpackers reg langsaan geslaap. Baie goeie akkommodasie. "
"Nieu-Bethesda is 'n pragtige plekkie met besondere geskiedenis. 'n Belewenis en verseker 'n moet sien! Sal enige tyd weer daar draai."
"Pragtige plekkie, The Brewery het die lekkerste kaas "platter", nogals baie klein winkeltjies wat so ietsie van alles het. Die Uilhuis was baie interessant. Ons het die omgewing geniet."
"Dorpie het ons verras. Het uitgeëet op aanbeveling van ons gasheer. Was baie lekker met persoonlike diens van eienaar. Gedink ons kon inligting oor Cradock by haar kry, maar sy het ons na die inligtingskantoor verwys wat op Sondae natuurlik toe is. Lyk nie of die inwoners hulle dorpie aan toeriste wil verkoop nie, want die ander kelnerin in die restaurant bly al 14 jaar in Cradock, maar weet niks van die dorp nie?"
"Oulike plek. Ons het veral die skulpiemuseum baie insiggewend gevind. Dit was ons tweede besoek. Ongelukkig nie meer tyd gehad om meer plekke te besoek nie."
"Dit is 'n WOW! dorp. Skoon, baie besienswaardighede, lekker eetplekke en pragtige natuurskoon."
"They have an excellent restaurant - delicious food. Neat facilities. Helpful staff. A wonderful experience."
"Ek was teleurgesteld met Hogsback. Dit het agteruitgegaan van wat ons 9 jaar terug daar was."
"Nieu- Bethesda word nie vir jou gegee op 'n skinkbord nie - jy moet soek en grou om regtig die mense en die energie te ervaar. Daar is beslis meer as net die Uilhuis. Gaan en ontdek."
"Wonderlike plek, soveel so, dat ons 'n vakansiehuisie in Wavecrest gekoop het. En terwyl ons gesoek het na die huisie, het ons by Bay Cove Inn tuisgegaan! Wavecrest is stil en rustig met beeldskone see views en strande!"
"Prima accomodatie, dicht bij Addo Elephant en Port Elizabeth waar je als toerist mooie dingen kunt zien en beleven."
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
High Corner Guest House"Very much impressed with the town's facilities!"