Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Een van die pragtigste omgewings in die land."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mama Fourie's Guest Cottages"Goed geleë vanwaar die Oos-Vrystaat verken kan word."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Wegkomkans B&B"Fouriesburg het, soos talle ander Vrystaatse dorpies, 'n outydse sjarme waar die mense mekaar ken en ondersteun. Dit is baie rustiger om in Fouriesburg oor te bly as in Clarens."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sweetie Pie Cottage"Clarens is so homey and relaxing. Lovely to do with a spouse or friends! "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cottage Pie"Clarens laat my voel of ek op 'n ander kontinent is, ontspan van dag een af."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Clarens is 'n mooi toeristebesteming. Dit is 'n besige dorp oor naweke, maar nie te bedruk nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sir Henry's Guest House - Clarens"Aangenaam. Clarens het 'n ontspanne en vrolike atmosfeer en die besighede se personeel en so ook die algemene publiek was voor die voet vriendelik en baie behulpsaam. Die restaurante se voorbereiding en bediening van die kos was keurig, lekker en 'n goeie variëteit. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Would imagine a decent supermarket close by. Would be a boon (e.g. Checkers, Spar etc.)."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Heerlike ontspanning en diversiteit in die dorp. Omgewing is natuurlik beeldskoon!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Domaine Sérénité"Besoek gerus die Highlander Espresso bar vir uitstekende koffie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Dit was wonderlik om in so 'n skoon dorp met sy eie unieke karakter te kuier. Die afwesigheid van die winkels wat orals anders te siene is - die franchises en kettingwinkels - was verfrissend en sorg vir 'n groot deel van die dorp se uniekheid. Die natuurskoon is natuurlik 'n groot pluspunt! Die vriendelikheid van die mense was ook opvallend."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Clarens is 'n oulike toeristebestemming en die feit dat jy op een plek kan parkeer en orals heen kan stap is 'n bonus. Daar is interessante winkeltjies, maar van die items is nogal duur. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooiland"Dit is 'n baie mooi omgewing en ook baie interessant met al die kunswinkeltjies en eetplekke. Baie beïndruk met die mooi landskap en berge."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Nelsbells Cottage"Sal definitief weer in Clarens 'n draai maak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Red Mountain House"Vriendelike mense, lekker eetplekke en baie kuns. Lekker naby Golden Gate wat waarlik 'n belewenis is om deur te ry. En moenie vergeet om die twee draaie te ry en die diere wat in groot troppe daar in die berge bly te bewonder nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Highland Quarters"Enige toeris moet Clarens ten minste een maal beleef en deur die Golden Gate Nasionale Park reis"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Zwartmodder"Interessant en nie die gewone nie. Eetplekke is voortreflik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
RiverWalk Guest House"Winkels maak al 16h00 toe. Te vroeg vir n Vrydagmiddag!"
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Pragtige omgewing."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Die omgewing is pragtig. Tipiese kunsdorpie, maar oulik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Larola Terraces"Claren sal altyd een van my gunstelling plekke bly om te besoek. Winkeltjies te veel vir een dag en kry dit reg om jou beursie leeg te maak, al het jy nie beplan om geld uit te gee nie, kuns galerye fantasties. Restaurante heerlik. Roter Hahn Restaurant en Delhi het 'n heerlike eg-Duitse spyskaart en puik diens en lekkernye vir piekniek hou by Golden Gate. Die Clarens Bier Brouery is ook 'n moet!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sir Henry's Guest House - Clarens"Lieflike plek, wonderlike natuurskoon, heerlike eetplekke!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Mal oor die plek. Sal beslis weer en weer gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Titanic View - Place of Peace"Rustig en baie mooi daar, net winkels sluit te vroeg. Teen 5 uur is dorpie se winkels gesluit."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sweetie Pie Cottage"Die dorpie is pragtig! Ek sal beslis weer daarheen wil gaan en die omgewing beter wil verken. Dit was ons eerste besoek aan Clarens, ons het dus meer gefokus op wat die dorpie self aanbied, en dit was heerlik!"