Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Woodlands Retreat"Klein stukkie paradys. Kan weer mens word in so 'n rustige atmosfeer."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sweetie Pie Cottage"Oulike dorpie, wens net al die winkeleienaars was vriendeliker."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Zwartmodder"Was goed. Van die winkeltjes kort dalk bietjie opknap en deeglike skoonmaak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Nelsbells Cottage"Pragtige dorpie tussen die berge met baie vriendelik mense en heerlike kos."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Baie lekker vinnige wegkom uit die stad met dorpie-atmosfeer en heerlike plaasomgewing. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Accommodation @ The Spa"Jy kan nie 'n fout maak om Clarens toe te gaan nie, maak nie saak watter tyd van die jaar nie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Larola Terraces"Enige iets is beskikbaar in die dorpie insluitend heerlike restaurante. Baie bedrywighede ook beskikbaar vir ons mans wat nie aldag in die winkels wil rondloop nie, soos gholf speel, vlieghengel en ook "River Rafting". Besigtighede soos Golden Gate wat baie naby aan Clarens is, is iets besonders en ook staproetes vir kranige bergklimmers."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Die eetplekke (sommige) is baie meer bekostigbaar as wat ek verwag het. Daar is soveel mooi plekke dat mens sommer net kan stap oral heen. Die atmosfeer is feestelik en ontspanne ter gelyke tyd! Ons sal verseker weer gaan!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Ons is gaande oor die plek. Ons kom kuier ten minste een keer per jaar."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"'n Definitiewe bestemming om te besoek en te verken! Stunning!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Forest View"Ek dink pryse is bietjie buitensporig. Verder is dit geleë in 'n wonderlike natuurskone deel van Suid-Afrika. Asemberowende mooi natuurtonele. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Die Kruik"Dit was ons eerste ervaring van Clarens en wow! Die mense is so behulpsaam en vriendelik. Die plekkie het so diep in my hart geklim, en ek het baie herinneringe wat ek weer saamgebring het terug huistoe."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Goedgeleë"Lovely little town! We didn't feel there was much to do in town but if you intend to stay in and read then this is the perfect place. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Ashbrook Country Lodge"Beslis die moeite werd - daar is baie om te doen, en die eetplekke en winkeltjies was goed. Ons sal verseker weer Clarens besoek. Dis rustig, lekker atmosfeer en 'n goeie breek om uit die stad uit te kom."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Accommodation @ The Spa"Baie meer verwag. Buitensporig duur en diens in al die toeristewinkeltjies nie altyd goed nie. Matteplek baie goed en uitstekende waarde vir geld. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Retreat"Clarens is 'n paradys met ongelooflike mooi natuurtonele."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mont Rouge"Dit is die mooiste plek en die berge is fenomenaal mooi. Ek sal weer teruggaan!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rosewood Corner"Oulike eetplekke soos Clementines, die Duitse Restaurant en die Brouery is 'n moet vir mense om heen te gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Supermark vat nie kaart betalings & ATM was 2 dae aflyn. Alle ander shops het kaart gevat. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Die Ou Pastorie"Lyk bietjie verwaarloos. Daar kan gerus beter na die paaie omgesien word. Ete by die Plaaskombuis was uit die boonste rakke! Well done!!"