Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Leliehoek"Clarens is 'n wêreld op sy eie... fantasties kuns en vermaak beskikbaar en is sekerlik een van die mooiste klein dorpies in die land."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sir Henry's Guest House - Clarens"Ek het die Oos-Vrystaat nog nooit in 60 jaar so droog en warm beleef nie. Heerlike restaurante, veral die Portugese restaurant. Winkels bied 'n fantastiese verskeidenheid. Grouse & Cloret restaurant het fantastise osstertbredie en die lekkerste pasteie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"BAIE OULIK EN 'N HEERLIKE WEGBREEK NA 'N BAIE MOOI PLEKKIE OMRING MET BERGE!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Ark Mountain Lodge"Beslis 'n besoek werd en die nabyheid van Golden Gate is 'n bonus."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
De Ark Mountain Lodge"Baie oulike en interessante dorpie...dit het ons verwagtinge oorskry!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
164 Church"Wonderlike dorpie met baie vriendelike mense. Interessante winkeltjies. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Ek was verras met die oulike winkels - geboue waar Die Kaktus is. Ek het ook gehoor dat die aspersies so goedkoop is by die Kaktus (R20) vir 'n kilogram, maar ongelukkig het die trok nooit die Saterdag (selfde dag as Kersiefees) afgelewer nie - ek dink dit sou 'n gulde gleentheid gewees het om besigheid te maak siende dat daar duisende mense opgeruk het vir die Kersiefees. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fat Mulberry B&B"Kan Die Plaasstoep aanbeveel vir etes, lekker boerekos. The Windmill Pub & Grill se pizza is ongelooflik lekker maar diens was traag. Algemeen vind ek Fouriesburg baie basies met min opsies maar dis is dat waarvoor 'n mens uit die stad wil ontsnap. Die dorpie is baie netjies. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Accommodation @ The Spa"Clarens is een van ons gunstelling naweekwegbreekplekke. Ons het die kans benut om ook deur te ry na Ficksburg se kersiefees wat net 'n uur se ry verder is. Daar is so baie om te doen in en om Clarens dat 'n naweek net nie genoeg tyd is nie. Definitief een van die juwele in ons pragtige land."
Rosendal, Oos-Vrystaatse Hooglande
Gaffie's"'n Baie klein plekkie met baie interessante inwoners as jy bereid is om net onder die oppervlak te delf. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sonstoep"Die mense wat daar woon is ongelooflik vriendelik... Daar is ook 'n plek in die berg af, Meiringskloof ... dit is fantasties en volgende keer sal ons daar gaan bly."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Orange Apple Guest House and Self-catering"Interessante dorpie met al die sandsteenhuise. Lekker geëet by die Copper Pig. Die NG Kerk is beslis 'n besoek werd. Lê tussen Ficksburg en Clarens ideaal vir 'n besoek aan die Kersiefees. "