Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Ons was een nag in die omgewing. Om by enige besienswaardighede te kom moet jy bietjie ry. "
"Dit was die 1ste keer dat ons die Gansbaai-omgewing besoek het en ons was verras met die mooi natuurskoon van die plaaslike omgewing. Ek gaan die vriendelike diens van die mense van Die Wielhuis en Visions Hair Salon uitsonder. Julle vriendelikheid en goeie dienslewering was 'n definitiewe pluspunt."
"Die hele Arniston-Struisbaai-Kaap-Augulhas-area is 'n baie aangename toeristebestemming."
"For gorgeous views and a peaceful vacation, I would definitely book in the Overberg again, the area is very well maintained and the roads are in a very good condition."
"Daar is so baie om te sien en verskillende wynplase om te besoek, asook al die verskillende restaurante. Ons tyd daar was te min en gaan ons dus weer daar 'n draai maak."
"Ons is mal oor Swellendam. Op hierdie toer het ons min tyd in Swellendam self gespandeer, want Swellendam is baie sentraal en ons het dit as basis gebruik vir dagtoere na Malgas, Barrydale, Riversdale en die Robertson-wynroete. As jy net een keer gaan uiteet, maak dit Die Drostdy. Manjifiek! Heerlike kos, lekker wyn en die vriendelikste eienaar- en kok-kombinasie suid van die ewenaar! Die dorp self is so cottagy cute, dat jy sommer net van een straat na die ander kan dwaal en jou verkyk aan die pragtige ou huise en tuine. As Melkbosstranders, is dit lekker naby genoeg vir 'n twee-nag-kuier. Ons sal beslis terugkom."
"Struisbaai is 'n goeie plek om die omgewing te verken. Ons was 2 keer by De Mond Nature Reserve vir 'n lekker lang stap na die strand."
"Die huis is baie mooi, met net die beste in. Die yskas is net te klein vir 6 mense. Ons kon nie eers 'n pakkie ys in vrieskas kry nie. Die braai-area kort ook aandag en moet meer bruikbaar gemaak word. Verder was dit baie lekker, en Greyton is 'n heerlike dorp met baie vriendelike inwoners."
"Beautiful town to visit if you really want to spend beautiful quality time."