Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Ek moet die plek geluk wens met die hantering van hulle vullis en afval verwydering. Die dorp is skoon en sodoende het hulle die bobbejaanprobleem opgelos. Daar was geen van die diere in sig nie."
"Dit is een van my gunstelling plekke in ons land. Die dorpie is rustig en vriendelike diens van almal. Daar is 'n paar wonderlike restaurante en die pryse is baie billik, ek sal Pasli weer besoek. Stop ook by die Sulina Faerie Sanctuary in Swellendam, dit is werklik uniek en iets vir elke klein dogtertjie om te sien."
"Dit was ons tweede vakansie by Pearly Beach. Dit is 'n wonderlike oord, baie rustig en die inwoners is baie vriendelik."
"Kan nie verkeerd gaan om in die Overberg vakansie te hou nie. Pragtige landskappe, gawe mense en gevoel van rustigheid wat mens by min plekke nog kan ervaar!"
"Mooi netjiese dorp. Gaan vroeg strand toe, want die wind waai die meestal in die namiddag."
"Ek was baie aangenaam verras deur Gansbaai. Ek was bekommerd dat dit nie juis 'n strand het nie, maar Franskraal is 'n vinnige rit en daar is ook 'n heerlike strand by Walkerbay Natuurreservaat. Verder is daar 'n lieflike trail al langs die see af om te hardloop of stap en ook baie paaie om fiets te ry."
"It’s close to other small areas such as Kleinmond, Pringle Bay, Hermanus, etc. which makes Betty’s Bay ideal accommodation."
"Baie rustige kusdorpie. Enige vakansieganger se wegglip uit die stad asook gewoel van die werksomgewing."
"Dis ongerep en beeldskoon - as jy van plaaslewe en eenvoudiger dinge in die lewe hou, is dit die plek om te wees!"
"Kleinmond is 'n baie stil klein dorpie en met die strande wat tydens die inperking gesluit was, was daar nie veel om te doen nie. Bettysbaai en Hermanus is egter baie naby en bied meer in die lyn van restaurante en plekke om te besoek."
"Oulike dorpie, maak net seker jou kar is vol brandstof. Geen vulstasies of OTM's nie."
"Ons eerste besoek ooit. Wonderlik as jy net in visvang belangstel maar nie die beste as jy wil swem en sonbaai nie. Die wind het het elk van ons 6 dae gewaai met net een dag se son, en dit in Desember."
"Baie mooi plek, baie kinderdae herinneringe. Sal beslis Struisbaai aanbeveel vir vriende."