Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6810 resensies.
"Witsand moet net sy ongekommersialiseerde karakter behou. Dit is werklik 'n plek wat jou siel lawe."
"Hermanus is ‘n beeldskone kusdorp, die cliff paths staproete is ‘n moet, paar mooi strande, hordes lekker en goeie eetplekke, ongelooflike goeie wynplase met restaurante in die omgewing. Daar is ook ander oulike klein kusdorpies naby. ‘n Mens kan nie verkeerd gaan met ’n vakansie in die omgewing nie. Baie om te sien en te doen. "
"Daar is veel te sien in hierdie pragtige stukkie van die Wes-Kaap."
"For anyone who loves the quiet seaside life, reading, fishing and taking things slow, Struisbaai is the place to go. I loved the peace and quiet, not visiting in peak season. If you like history, there is a ton of interesting places to visit to find out about the local history, from Bredasdorp - Struisbaai - L'Aghulas."
"Daar is nie veel om te doen in L'Agulhas/Struisbaai nie en sal voorstel dat mense dit net 'n dagbesoek maak. Die restaurante is 'n bietjie duur en diens nie te goed nie."
"Stapafstand van heerlike strande. Veilig. Naby sakegebied, maar ver genoeg om nie deel te wees van daaglikse "hustle and bustle"."
"Die botaniese tuin is 'n moet sien, stap gerus na die waterfal toe - dis ongelooflik mooi."
"Dit het iets vir almal. Natuurskoon, rustigheid, wandelpaaie, interessante winkels, kuns, goeie restaurante en mediese sentrum vir gemoedsrus."
"Gansbaai is 'n gewilde vissersdorp en geleë naby Hermanus, Franskraal en nie ver van Perle Beach."
"Daar is iets vir almal - mens kan rond koop in die koffie shops en cafés en mens self oor eet aan lekker kos, koffie en craft bier, maar ook gaan fiets ry en stap in die beeldskone natuur of dorp strate."
"This was our first visit to Hermanus and unfortunately we did not get the full experience because of the unrest."
"There is nothing to do in Bot River. Its a small town just to live in however Hermanus is not far from there and neither is Caledon."
"Amazing, peaceful and definitely a place to visit if you need to relax away from the hustle and bustle of everyday life. "