Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Betty's Bay is fantastic. We did a hike in the Kogelberg Nature Reserve which was beautiful as well."
"Baie lekker visvangdorpie. Rustige atmosfeer, glad nie besig nie. Die dorpie se winkels is bietjie duur, so bring maar saam wat kan. Baie mooi swemstrand en uitstekend vir lang wandels."
"De Kelders is 'n pragtige kusdorpie naby aan Gansbaai en Uilenkraalsmond wat ideaal is vir kleuters met die lagoon. Dis ook naby Hermanus en Stanford met baie besienswaardighede!"
"Heerlik rustig, in die sin dat dit nie oor-gekommersialiseer is nie."
"Ons sal baie graag weer wil vakansie hou in Hermanus. Ons het dit as 'n gesin baie geniet."
"Dis rustig vir die mense wat van rustigheid hou. Dis heerlik om strandlangs te kan stap en die natuur te kan geniet. Jy kan ver stap langs die strand en seekus. Baie vriendelike mense."
"Ongelooflike plek. As jy wil by die see vakansie hou is dit definitief jou plek. Ons is weer Desember op Struisbaai. Als om te koop is daar met lekker restaurante en natuurlike die Sea Shack met die varste vis en kalamari. Ongelooflik."
"Die Saterdag mark is 'n hoogtepunt en die wandelpaaie en swempoele is 'n belewenis."