Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Beautiful plek en lekker stil, veral buite seisoen, perfek vir daai ontspanning wat ons na gesmag het! Franskraal is lekker naby aan Hermanus en Gansbaai wat altwee net so mooi is!"
"Ek het grootgeword in Franskraal deur skoolvakansies en nog steeds in later jare gereeld soontoe gegaan. Pragtig en die hele omgewing daarom."
"Ons het baie lekker geëet by die Sea Grill en het van die ander inwoners in ons huis gehoor dat "Zuidste Kaap Restaurant" ook baie goed was. Daar is ook pragtige galerye met plaaslike kunstenaars se kuns."
"Ek, my familie en vriende gaan elke keer terug Agulhas toe omdat dit so 'n pragtige en aangename plek is, en dit is ook ideaal vir hengel. "
"Het by 'n paar plekke ingeloer: Hickory Shack - lekker kos, ciders sal ek 'n mis gee maar baie lekker stout; Almenkerk wynplaas was tops; Honingklip - great 4x4 roete en bierproelokaal."
"Location is great for relaxing and pleasant for weekend visits. We were fortunate to see whales that were really close which made the stay a little more memorable. There is no beach in walking distance (that I could find), and no easy access to rock pools, this does detract slightly."
"Ons het by 55 Knots pizzas bestel (take-away) wat lekker was. Ons het by Zuidste Kaap in Agulhas geëet wat heerlik was! Die eisbein, hake en tjips en schnitzel was hoogtepunte. Struisbaai se strande is baie mooi en die mense is vriendelik."
"'n Mens hoef glad nie verveeld te wees by hierdie bestemming nie. Daar is baie om te doen en te sien in die onmiddellike omgewing."
"What we loved about the town was the quiteness and no large shopping centres to detract from the country feel of the place."
"Dis vreeslik mooi en rustig. Baie om te sien en te doen veral vir die kinders. Vir die gemiddelde inkomste groep, sal jy beslis voor die tyd moet spaar. Die koffiewinkels en geskenkwinkels se pryse is baie duur asook die pryse in die OK grocer. Ek sal beslis volgende keer eie kos en hout van my tuisdorp af bring."