Geverifieerde Resensie
Paarl
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paarl bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 810 resensies.
"Ons het al deur Paarl gereis met vorige besoeke aan die Kaap,maar nog nooit daar gebly nie. Die dorp is skoon oor die algemeen en die mense by sentrums en plekke wat jy by aandoen behulpsaam en vriendelik. Ons indruk van die dorp is uiters positief."
"Paarl is a beautiful gem of the Western Cape and we spent two evenings there because of the scenery and the activities that we could do. It offers historic elements such as the Taalmonument and the Afrikaanse Taalmuseum, and several wine routes that is easily accessible. "
"Ek geniet Paarl elke keer as ek daar kom, maar sal graag wil sien dat gastehuise meer gerig moet wees op toerisme, deur toeriste by ontvangs meer van julle dorp te vertel, brosjures van wat om te doen en waar om wat te verwag. Ek kan nie elke keer die "Spice route" doen en onbekostigbare wynlandgoed te besoek nie. Stel 'n vooraf (ooreengekome) besoeklys op en verdien so deur ook verder inkomstes."
"Die skoonste dorp wat ek nog in my lewe gesien het en al die mense is so hulpvaardig en vriendelik."
"Daar is soveel interessante, uiteenlopende plekke om te besoek. Ook maklik bereikbaar."
"Alles maak so vroeg toe en nie baie lekker eetplekke om van te kies nie maar anders 'n lekker oorstop dorpie!"