Geverifieerde Resensie
Paarl
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paarl bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 810 resensies.
"Paarl is pragtig, maar kort regtig meer bekostigbare, ordentlike verblyf."
"Baie warm gewees, maar 'n pragtige dorpie. Wens ons het meer tyd gehad om te "explore"."
"Jy moet jou rigting en plekke in die Paarl ken - dit kom maar deurmekaar voor. Vra maar vir Minette vir voorstelle vir resaurante. Die meeste is bietjie weggesteek."
"Wat 'n lieflike dorp! Daar is iets vir almal om te doen en die mooiste restaurante met heerlike etes om te besoek."
"Baie mooi plek, mooi groen. Baie om te doen, klomp plekke om te besoek. Mense is vriendelik."
"Ek is eintlik van die Weskus of platteland waar ons gewoond is aan minder verkeer en mense-opeenhoping. Die vrugte en groen landskap is rêrig 'n plus vir die omgewing."
"Die Paarl is lieflik en ek wens ons kon langer bly, want daar was nog baie meer om te sien en te beleef."