Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1459 resensies.
"Pragtige dorpie, maar bietjie aan die duur kant. Steeds 'n baie aangename dorpie om te besigtig. "
"Baie gesellige dorp met heerlike eetplekke. Gee jou daardie lekker plattelandse gevoel!"
"Baie lekker, maar ongelukkig bly die winkeltjies en inhoud maar dieselfde."
"Groot verskeidenheid dinge om te doen - dalk meer in somermaande, maar nietemin genoeg om in elke smaak te voorsien."
"Ons is oral vriendelik gegroet. Die restaurante is van topgehalte. Party winkels se pryse is rêrig baie duur wat mens laat link hulle konsentreer op die oorsese mark. Ons het die heeltyd veilig gevoel."
"Parys se dorpspaaie is sleg. Die grondpaaie is nog erger. Moenie te vinnig ry nie en kyk vir die pad."
"Jammer dat ekonomie ook veroorsaak het dat baie antieke winkels in hoofstraat deure gesluit het. Mense in dorp baie vriendelik."
"Lekker dorpie naby Johannesburg waar mens avontuurlustig kan wees of soos ons net gaan vir lekker rond snuffel in winkels en lekker kos/koffie by restaurante geniet. Sal definitief weer gaan."
"First time visit and we were pleasantly surprised at the little shops and restaurants and live music at night."
"Ons was op 'n Maandag in die dorp en meeste winkels en eetplekke het al teen 16:00 begin toemaak."
"Went to play golf at Parys! Stunning small town with friendly people with quite an artistic feeling! There is two top class golf courses in very short distance from Mystique waters and the view on the river is excellent!"