Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1459 resensies.
"Daar is iets vir almal. Ons het lekker rustig gekuier by die antieke winkels en restaurante, asook quads gery en boogskiet gedoen deur Real Adventures. Heerlike vakansie."
"Baie naby Parys geleë en jy kan lekker in die oulike winkels van parys gaan snuffel."
"Even though it was Christmas eve, we were disappointed that most of the restaurants closed at 5 pm. "
"Behalwe vir die Vaalrivier wat langs die dorp verby vloei en al die oudhede winkeltjies en eetplekke, is daar nie veel meer nie."
"Parys is pragtig en die atmosfeer is heerlik, maar op elk hoek word jy lastig geval deur bedelaars. Dit maak jou besoek regtig onsmaaklik. Daar behoort opgetree te word teen die gedrag."
"Ons was in Parys vir die Blomme Fees en dit was 'n belewenis gewees. Die dorpie is ook vol interessante winkeltjies en restaurante."
"Dit is 'n jammerte dat daar sigbare agteruitgang in die plattelandse dorpe is. Die winkeltjies in die hoofstraat is pragtig, maar die area langs die rivier is rommel besaai weens die verskillende etniese groepe wat daar piekniek hou en hulle rommel en drankbottels net so los."
"Die dorpie self lyk pragtig en skoon en die winkeltjies is pragtig. Dit is net die reuk wat oor die dorp hang vanaf die rioolplaas wat 'n demper op die besoek geplaas het."
"Altyd lekker om in die dorp 'n draai te gooi en iets te eet en drink. Genoeg doendinge in die omgewing!"
"Baie lekker restaurant en wonderlike gholfbane. Gee vir die vrouens ook 'n lekker inkopie-ervaring."
"Daar is plekke wat erg verwaarloos is. Die groot probleem met alle plattelandse dorpe deesdae. Al die plekke wat egter deur private eienaars besit en bestuur word, word goed onderhou."