Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1459 resensies.
"Parys is onbeskryflik. Beslis prentjie mooi, kunstenaars dorpie, vintage, nostalgies mooi. Jou gedagtes verdwaal beslis daar met al die mooi. Die gasvryheid staan beslis uit in die dorp en nie eers te praat van die kos nie! Parys is uniek."
"Baie om te sien kuns gewys, maar paaie het baie slaggate. Ook baie vullis wat al langs die rivier rondlê."
"Yes, please keep the unspoiled old world aspect to this town Don't make it another Dullstroom or Pilgrims Rest. The people here are so accommodating and friendly. More importantly not greedy!"
"Ons wou graag die dorpie bietjie gaan verken voor ons verder reis, maar teen 08:30 was die meeste plekke nog toe."
"Altyd 'n plesier om Parys te besoek, maar die strate gaan alweer agteruit, te veel slaggate!"
"Nie geweet al die eetplekke is toe op 'n Maandag! Maar ek is baie in my skik oor die Spur in Parys! Was skoon en netjies met goeie diens! "
"Pragtige klein dorpie met lekker winkeltjies en eetplekke. 'n Moet om te besoek. Ons sal beslis weer besoek."
"Sal graag weer daar will kuier, en meer tyd spandeer om in die dorp iets te eet en winkels met my eie tyd te besigtig."
"Paaie in Parys is vol slaggate en besoekers moet so oplet daarna dat jy jou bestemming mis."
"Parys is natuurlik 'n baie spesiale dorp. Moet net nooit verwag om 'n aandete op 'n Maandagaand in Parys te kry nie."
"Parys is 'n pragtige dorp. Dit is reeds 'n toeriste bestemming. Ons pensionarisse moet net die ander bekostigbare eetplekkies uitsoek. Dankie vir 'n Wimpy breakfast. "
"Dit is so jammer dat die winkels wat toeriste in belangstel op 'n Maandag en Dinsdag toe is."
"As gebore Vrystaters was dit vir ons heerlik. Daar word duidelik moeite gedoen in die winkels om dit aantreklik en interessant vir toeriste te maak."
"Kan gerus voorsiening maak vir voetgangers wat die besige hoofstraat oorsteek."
"Maak seker om in die hoofstraat deur Parys al die winkeltjies te gaan besoek. Probeer definitief Jimmy Jagger se kos, uitstekend. "