Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1459 resensies.
"Parys is beslis 'n plekkie om te verken. Daar is iets van toeka tot nou om te sien en te geniet."
"Baie meer as wat ek verwag het. Sou graag langer daar wou spandeer om die omgewing beter te leer ken."
"Straat aanwysing is nie aangebring op alle paaie nie, dit bemoeilik om vinnig by adres uit te kom."
"Parys se winkeltjies was altyd uniek, maar dit raak nou afgewater elke winkel het dieselfde produkte, eetplekke is ook nie op standaard en diens nog minder."
"Ek was aangenaam verras, Parys bied baie meer as wat ek verwag het. Ek sal verseker oorweeg om weer te kom!"
"Parys is a lovely town - quite and peaceful. I love all the small shops, however, I think they can clean the riverside more."
"Dis jammer meeste toeriste-winkeltjies en eetplekke is Sondaemiddae en Maandae gesluit."
"Parys is pragtig en ons sal beslis teruggaan. O's Restaurant is 'n moet vir alle toeriste. Dit was so lekker gewees om buite onder die bome ontbyt te geniet op die oewer van die Vaalrivier."
"Ek is mal oor Parys. Sal graag permanent daar wil gaan woon. Skoon, netjiese dorpie wat nou vreeslik vinnig uitbrei. "
"Die omvang en verskeidenheid van wat beskikbaar is in Parys is moontlik onderbemark. Ons was total onbewus van al die verskillende moontlikhede/natuurskoon en bedrywighede wat onderneem kan word in die omgewing. Het met vorige besoeke slegs die dorpsgebied verken."
"Lekker vibe, goeie kos en sommer net 'n lekker wegbreek naweek geniet."
"Such accommodating, friendly people and such interesting shops. Had a wonderful time."