Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1561 resensies.
"Mooi area en skoon net jammer dat mense iets elke 5 tree iets aan jou probeer verkoop, kan irriterend raak."
"Wat 'n pragtige omgewing. Het baie blommetjies gesien en het Tietiesbaai ontdek. Asemrowende uitsig en natuur."
"As jy van stil en mooi views en niks om te doen behalwe vir iets mooi staar hou is dit jou plek."
"Die mooiste dorpie met pragtige landskappe en natuur skoonheid. Sal Paternoster aanbeveel vir almal wat nog nie die plekkie besoek het nie."
"Dit is ons tweede besoek aan Paternoster en sal dit weer in die toekoms besoek. Alles is netjies en skoon."
" My eerste besoek aan Paternoster. Wat 'n juweel van n plek. Ons verblyf was als wat ons nodig gehad het en nog meer. Jy parkeer jou voertuig en stap waar jy ook al wil gaan anders sit jy op die stoep en bekyk die see en uitsig. Ons was gelukkig om Walvisse te kon sien. Net een ding, hou jul dorpie net soos hy is."
"Ongelooflike dorpie, net Jammer die res van die Weskus het nie dieselfde argitektuur en karakter as Paternoster nie."
"Safety is a huge concern in Paternoster. We were threatened and harassed by the local children in to purchasing hand-crafted ornaments. If you refuse, they tend to get aggressive and verbally abusive. It's not enjoyable being harassed when your on holiday."
"Die strand en see is pragtig. Net jammer dat die mense wat mossels en kreef verkoop mens nogals kan lastig val. Die feit dat jy met die intrap-slag gewaarsku word teen moontlike inbrake en diefstal is kommerwekkend. Maar anders as dit, lieflike en rustige bestemming met pragtige blou see."
"'n Baie mooi kusdorpie, maar as jy soontoe gaan vir 'n vakansie is dit regtig net om te rus want daar is nie veel anders om te doen nie."
"Ongelukkig oorgekommersialiseerd geword en lui plaaslike besigheidsmense wat die toeris probeer uitbuit met substandaard goedere!"
"Kreef verkopers is baie opdringerig, en laat jou soms ongemaklik voel. Maar as dit jou nie pla nie, is dit heel lekker."
"Ek sal elke keer teruggaan, sal nooit uitgekuier raak in die pragtige rustige seedorpie nie. "
"Een van die mooiste kusdorpies in Suid-Afrika! Kies goeie 'n gastehuis vir verblyf!"