Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.
"Paternoster is a beautiful town. One just needs to be alert all the time as it can be a bit unsafe."
"Ons het heerlik gekuier in Sea Castle, maar ons was nie bewus dat handdoeke nie voorsien word nie. Dit sal 'n bonus wees as daar wel in die toekoms handdoeke voorsien word. 'n Ekstra matjie by die toilet/bad sal ook handig wees. Die vloer is baie koud in die winter. Baie oulike plek en ons het heerlik gekuier!"
"Paternoster Place should update their website and be more specific with their accommodation/rooms."
"As jy as Weskusser hier grootgeword het, is dit hartseer om al die kommersialisering te sien en hunker jy na die ou dae toe alles onaangetas was. As jy egter as buitestaander die plek sou besoek, sal die Weskus-vriendelikheid van die omgewing en inwoners jou altyd bybly. Wonderlike ou Weskus!"
"Very friendly people, great eating places and service is absolutely on point."
"Lekker eetplekke en 'n klomp plekke naby, soos Tittiesbaai ens. Die Weskus Nationale Park is ook nie ver nie. Langebaan, Saldanhabaai ens. is almal plekke wat mens binne een dag kan besoek. "
"Parternoster is 'n klein juweel. Ons was net jammer dat ons op 'n Sondag daar was, want alles was toe! Die omgewing is egter wonderlik met baie lekker plekkies om te besoek. Panty Bar op Parternoster is 'n moet. "
"Plekkie is pragtig en die ideale plekkie om te kan ontspan en net mens se vlegsels los te maak."
"Die kultuur, uitsig en rustigheid is definitief 'n rede om terug te gaan."
"Weens die droogte sal ek voorstel dat daar 'n emmer in die stort gesit word om water op te vang terwyl die geiser warm word. Die geiser vat nogal lank om op te warm."
"Ongelooflike mooi plek langs die Weskus. Wat nogal opvallend is, is dat daar geweldig baie kinders op straat loop en vir geld vra en ook goed aan jou probeer verkoop."