Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.
"Paternoster is 'n beeldskone plekkie op die Weskus. Definitief 'n moet-besoek bestemming."
"Paternoster herinner my aan die Griekse eiland Mykonos. Lieflik! Maar was ontstel oor al die klein 'crayfish' wat buite seisoen openlik verkoop word op straat Dit is mos 'illegal" - geen polisie opgemerk wat hierdie persone arresteer!"
"Ons sal vir seker teruggaan Paternoster toe en betyds bespreek om weer so lekker by Gaatjie Restaurant te gaan eet!"
"Paternoster is mooi, maar elke tweede mens wil iets (kreef,skulpe,mossels) aan jou verkoop. Daar word elke keer wat jy iewers heen ry na jou geroep en besoeke by jou hek is ook gereeld. Sou jy op jou stoep sit, is bedelary ook nie ongewoon nie."
"Paternoster is 'n pragtige dorpie. Ons kuier elke keer lekker daar. Heerlikste restaurante en 'n pragtige kuslyn."
"Dit is jammer dat soveel sorg geneem moet word om misdaad te verhoed. Dit het beslis 'n demper geplaas op ons verblyf in die mooie Paternoster."
"Baie rustige klein dorpie. Daar gaan nie veel aan nie, wat vir my 'n goeie ding is! Lekker ontspannend. Pragtige strand!"
"Ek weet Vredenburg is naby, maar Paternoster kan doen met 'n groter winkel (normale inkopies) en dalk 'n apteek. Lieflike klein dorpie!"
"Dit was ons eerste keer in Paternoster en dit is 'n fantastiese klein plekkie, baie rustig en uitstekende vakansiegees wat heers. Dit is 'n stukkie hemel op aarde."
"Paternoster is an unknown, yet beautiful treasure. The people are very nice, the vibe of the people by the beach is great and the quaint heartiness of small villages is fantastic."
"As jy rustig wil wees en die natuur wil geniet, is Paternoster die plek. Indien jy hou van winkelsentrums bly weg."
"Paternoster is 'n uitstekende uitkoms uit die stad se gewoel. Hier kan jy rustigheid en die natuurskoon geniet."
"If you are a adventurous person you will have lots to do especially the beauty of the place and it's people."