Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.
"As jy die Weskus wil beleef gaan gerus Paternoster toe. Die mense, die see, die dorp en die omliggende gebied vat jou terug na 'n meer eenvoudige tyd."
"Some good restaurants, reasonable access to West Coast Park. Nice beach. A pleasant characterful seaside village."
"Rustige Weskus dorpie waar jy kan wegbreek en rustig wees maar tog naby aan verskeie omliggende dorpe sou jy meer wou sien en doen. Lekker eetplekke en heelwat is troeteldier vriendelik."
"Mooi area en skoon net jammer dat mense iets elke 5 tree iets aan jou probeer verkoop, kan irriterend raak."
"Rustige kusdorpie waar mens net kan ontspan, boek lees of op die strand loop (en swem as jy die koue water kan vat) as jy wil, of na een van vele goeie restuarante gaan vir lekker kuier met vriende. Blykbaar heelwat kreef binne seisoen, maar dit moet ek nog meemaak."
"Wat 'n pragtige omgewing. Het baie blommetjies gesien en het Tietiesbaai ontdek. Asemrowende uitsig en natuur."
"As jy van stil en mooi views en niks om te doen behalwe vir iets mooi staar hou is dit jou plek."
"Sal meer sekuriteit moet aanstel, veral gedurende nagte! Deur wagte wakker gemaak om vas te stel of daar by ons ingebreek is."
"Heerlike vissersdorpie met vriendelike mense wat behulpsaam is. Lekker vakansiedorp!"
"Daar is interessante eetplekke en dit is goed geleë om as 'n basis te gebruik om omliggende plekke te besoek. "
"Die mooiste dorpie met pragtige landskappe en natuur skoonheid. Sal Paternoster aanbeveel vir almal wat nog nie die plekkie besoek het nie."
"Dit is ons tweede besoek aan Paternoster en sal dit weer in die toekoms besoek. Alles is netjies en skoon."
" My eerste besoek aan Paternoster. Wat 'n juweel van n plek. Ons verblyf was als wat ons nodig gehad het en nog meer. Jy parkeer jou voertuig en stap waar jy ook al wil gaan anders sit jy op die stoep en bekyk die see en uitsig. Ons was gelukkig om Walvisse te kon sien. Net een ding, hou jul dorpie net soos hy is."