Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.
"Paternoster is asemrowend, 'n ongelooflike mooi plek en baie rustig. Voorstrand Restaurant is puik en die wasgoeddiens is uitstekend. Ons is beslis weer daar."
"Paternoster is such a beautiful town, the residents are so friendly. We loved the town and it's a perfect place to unwind and relax with your family. "
"'n Mens sal net verwag dat restaurante gedurende die feesseisoen later as 21:00 sal oop bly! "
"Paternoster het ongelooflike oulike eetplekke. Wees net bewus daarvan dat 'n mens oor spitstye moet bespreek. Ons beveel veral Voorstrand en Noisy Oyster aan. Onthou net dat die wind baie waai, so 'n mens gaan nie soontoe vir die weer nie."
"Beweerde misdaad waarteen almal ons gewaarsku het, is ontrustend en dit bring 'n negatiewe aspek in by die verblyf, want ons kon nie werklik ontspan en rus nie. "
"Mooiste vakansiebestemming. Net jammer dat van die restaurante 'n redelike arrogante houding het as jy net 2 mense is. "
"Wonderlike eetplekke, lekker groot strand. Ons was vreeslik gewaarsku oor die kriminele elemente deur verskeie mense. Ons het geen insidente gehad nie, maar het deurentyd onveilig gevoel. Nie hoe ek saam met my familie wil ontspan nie."
"Have to visit. It is a quaint and idyllic West Coast town unlike many you will ever see."
"Dit was regtig 'n belewenis vir ons Sweedse vriende om hierdie unieke dorpie te ervaar. Hulle het ook die Voorstrand Restaurant baie geniet. Tietiesbaai was ook 'n hoogtepunt!"
"It used to be more relaxed and quiet, it was a very busy weekend there. We hope Paternoster does not lose its character (it already has). Nice restaurants. We love it."
"Die kreefsmouse maak jou mal en die veilgheid met geen polisiekantoor is nogal kommerwekkend."
"Wat 'n pragtige dorpie, rustig met bote wat uitgaan, bedrywige vissermanne, pragtige see en uitsonderlike ronde klippe. Sal definitief weer hierheen kom. "
"Ek dink Paternoster is 'n mooi plekkie vir toeriste en sal dit vir enigeen aanbeveel."
"Loved the overall friendliness and helpfulness of the Paternoster residents would definitely recommend to family and friends a beautiful lovely destination. "