Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.
"Wonderlike plek, net die aandenkingwinkels is peperduur. Hulle is net vir die oorsese mark en ons kon nie vir almal iets saambring om te geniet nie! Ek self is in die aandenking bedryf en maak self goed en die pryse was buitensporig duur!"
"Dit is 'n pragtige Weskusdorpie, sal seker altyd wees. Dit raak net amper te besig daar, maar dit bly 'n pragtige dorp en die omgewing is beeldskoon."
"Dit is 'n besondere mooi vissersdorpie en die huisie is opreg iets besonders. Die strate en omgewing is skoon en netjies. Die mooi stilte en rustigheid wat ek verwag het was ongelukkig baie teleurstellend as gevolg van die jongmense wat dronk op ons "voorstoep" baie raserig was."
"Dit is voorwaar 'n plek wat mens bekoor en al die eetplekke en winkels is ongelooflik. Definitief 'n moet vir elke mens om ten minste een keer te besoek en te oornag."
"Ons het in die verlede al deur Paternoster gery net om te sien hoe dit daar lyk, maar nog nooit daar vakansie gaan hou nie. Hierdie keer het ons egter besluit om daarheen te gaan. Dit was so lekker, die mense is vriendelik, die blomme Tieties baai se kant toe was pragtig. Soos al ons vakansies in die Kaap sal ek Paternoster ook by my lysie sit."
"Paternoster is die plek om te wees - met voorkeur-restaurante en beeldskone natuur is dit alles en nog meer."
"Was a little disappointed as it was quite shabby and of course a beautiful beach that you had to walk your dogs on with a lead. The Wolfgat restaurant has an excellent location."
"Paternoster het ons harte gesteel. Maak reeds planne om in die nabye toekoms daar te gaan nes skop."
"Die petty crime is nogal iets wat 'n mens pla wanneer 'n mens daar is. Veral wanneer jy gewaarsku word dat mense snags in vakansiegangers se karre inbreek. Dit gesê, ons het heerlik gerus! "
"Beslis ingestel op uitbuiting van toeriste, alhoewel die eetplekke aan te beveel is."
"Paternoster is 'n pragtige dorpie met 'n lieflike atmosfeer en goeie restaurante. Die Curio en geskenkwinkeltjies is net vreeslik duur met alles."
"Paternoster het 'n wonderlike bestemming vir alle soorte toeriste geword."
"Julle behoort 'n Spar te kry, want die 2 plaaslike winkeltjies is ongelooflik duur en min verskeidenheid."
"Die Dorpie self is wonderlik en ons het lekker gekuier by die Hotel se kroeg, dis loopafstand van die huis af."
"Was nou al drie keer op Paternoster, en hou baie van die pragtige oop strand, met die ongelooflikste sonsopkomste en sonsondergange. Blikkies Pizzeria is ook cool. Die water is bietjie koud vir swem veral in die winter, maar die stap langs die strand is net so lekker. Mens word net soms onnodig baie gepla deur kreefsmouse, wat maar 'n problem op Paternoster is. Maar mens verstaan ook die armoede van baie van die smouse wat probeer om 'n ekstra geldjie te maak. Persoonlik is niks nog gesteel by ons nie, maar diefstal is blykbaar 'n probleem op Paternoster. Verder is dit gerieflik naby Vredenburg vir inkopies. Sou cool gewees het as daar 'n plek soos Muisbosskerm of 'n Bush Pub op Paternoster was waar mens Weskus-sangers kon hoor sing en kreef goedkoperig kon eet."