Geverifieerde Resensie
Paternoster
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.
"Die natuurskoon is pragtig en die mense vriendelik. Oulike en interessante winkeltjies. Vredenburg is net 'n klipgooi weg as jy inkopies wil gaan doen. Ek sal dit beslis aanbeveel. Sal nie sommer weer op 'n ander plek gaan vakansie hou nie. "
"Paternoster must have the best beaches in the world. Ideal for long walks and is especially dog friendly. The Voorstrand Restaurant on the beach also welcomed my huge Great Dane to dinner and made her comfortable on a blanket!"
"We enjoyed our stay so much at Mosselbank B&B that we are encouraging more friends to come along to Jazz on the Rocks 2016. We are just waiting to secure our weekend passes so we can reserve our bookings at Mossel B&B again."
"Paternoster het sekerlik een van die mooiste kuslyne ter wêreld, asook fantastiese uiteetplekkies. Definitief een vir die boeke!"
"Die dorpie is baie klein, maar mooi uitgelê en rustig. Om weg te kom van 'n besige lewe en net rustig te verkeer vir die naweek was wat ons nodig gehad het. Petro van Mosselbank B&B het ons verwys na Voorstrandt Restaurant, dit was beslis die beste seekos wat ons al gehad het. "
"Was very quiet, almost too quiet, the fishermen hound you to buy crayfish, and the only two nights we could eat out, the restuarant we fancied was closed. Very pretty beach though for long walks and quaint little shops to browse in."
"Strande is fantasties en die reservaat is baie mooi, en die staproete is baie mooi. Kajak roei vroeg in die oggend was uitstekend. Restaurante was oor die algemeen baie goed. Probeer gerus die Voorstrandt Restaurant die kos en ligging is uitstekend."
"Fantastiese strand. Rustig en skoon buite seisoen. Bespreek net vroegtydig by eetplekke!"
"'n Wonderlike plek om te besoek en net te geniet! Heerlike restaurante met puik diens en baie vriendelike personeel. 'n Fantastiese strand om op te stap en dit vir kilometers ver! Wonderlik!"
"Ek sou nie dat die hele wêreld die pragtige vissersdorpie ontdek nie. Soos hy op die oomblik is, kan ons die plekkie sonder vertrapping geniet!"
"Dit is net sleg dat die meeste restaurante op dieselfde dae toe is, nl. Maandae en Dinsdae. Andersins is Paternoster 'n vakansieplek duisend!"
"Daar moet iets gedoen word t.o.v. die vullis op die strand, in die strate en op die plotte. Sommige mense waardeer nie die unieke paradys nie."
"'n Wonderlike, natuurskone paradys met 'n absolute rustigheid en die beste "snoek parcel" op die Weskus!"