Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1579 resensies.
"Moet sê, party van die mense in die winkels is nogal onvriendelik. Dis jammer, maar Dullstroom bly 'n lekker kuierplek."
"Dullstroom is prentjiemooi, die omgewing is fantasties en die weer was vir my persoonlik 'n wenner - dit was mistig en koel - ideaal vir 'n tyd om 'n kaggelvuur."
"Die Poacher Pub en Grill se diens is uiters swak. Het uitgeloop en na Macfly Cocktail Lounge en Restaurant gegaan. Baie goeie diens, lekker kos en lekker kuier."
"Pragtige mense, vriendelik en akkommoderend. Dunkeld Spa is puik. Cafe de la Stroom sowel as ons ou gunsteling, The Coachman Restaurant, sal nie teleurstel nie."
"Dullstroom gaan maar oor eet, visvang, golf en die natuur. Daar is geen voedselwinkels vir die wat hul eie kos wil voorsien nie, en dan maak die dorp se restaurante ook vroeg toe op sekere dae, wat dit moeilik kan maak."
"Lydenburg self is nie ’n toeristebestemming nie, maar mens kan wel ’n paar nabygeleë plekke besoek van daar af."
"Pragtig - so bly alles is weer oop vir toeriste en dat die dorp so goed ondersteun word!"
"We love Dullstroom, unique and welcoming. We often spend a weekend in Dullstroom and even got married there."
"Dullstroom bied kleindorpie-vriendelikheid met baie lekker kos en pragtige natuurskoon. Heelwat om te doen en te sien."
"Die klein dorpie bied soveel. Elke keer wat ons hier 'n draai maak ontdek ons nog 'n juweel. Die dorpie word baie goed bestuur en in stand gehou."
"I really like Dullstroom - the setting, vibe and availability of the basics like coffee and breakfast is great. Of course the Bird of Prey Rehabilitation Centre was certainly the highligh of our short road trip - highly recommend the visit!"
"Om op 'n plaas net so klipgooi van Dullstroom se hoofstraat te bly, was nog altyd vir ons beter omrede dit stilte verskaf!"
"Pragtige dorpie om 'n dag of wat te verken. Wild about Whiskey 'n moet vir die whiskey- en gin-drinkers."
"Dullstroom baie vergroot en verander - ek het meer van die ou dorp gehou! Goeie wegbreek veral vir die omgewing en forelhengel. Goeie op-pad-na- êrens-oorblyplek."
"Straatligte in hoofstraat het glad nie gewerk nie. So dit was baie donker en het onveilig gevoel om 250 m te loop vanaf die restaurant na die verblyf."