Geverifieerde Resensie
Port St Johns
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Port St Johns bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 69 resensies.
"Het net een nag oornag. Kan dus seker nie te veel sê nie. Die roete om daar uit te kom was wel baie onaangenaam (die pad is netjies, maar honderde draaie/kinkels - was later skoon karsiek). Wou graag swem, maar daarteen beveel gegewe haaie. Het baie lekker geëet by Steve's Pub."
"Ek was baie bly om te sien hulle het die dorpsgebied waar die winkels is opgeruim. Dit lyk baie netjies."
"Port St Johns het baie agteruitgegaan. Die dorp is ook vervalle. Natuur is steeds pragtig en die moeite werd om te gaan sien."
"As jy nie omgee om "potholes", donkies, bokke, koeie, mense wat oor straat en voor kar inloop nie, dan kan jy die R61 ry, andersins, bly weg en betaal eerder tolgeld. Dis is 'n baie onaangename ondervinding."