Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Potchefstroom

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 931 resensies.

Potchefstroom

Opstal Gasteplaas

"Ons besoek Potchefstroom omdat my dogter daar studeer. Dis ongelukkig om te sien dat die paaie verskriklik agteruitgaan en die dorp is oor die algemeen nie skoon nie. Die probleme met die munisipaliteit haal die dorp in. Die krag het sonder enige kennisgewing afgegaan en die dorp was pikdonker, daar was nie kragopwekkers nie en dit stel die kinders baie bloot aan misdaad en gevaar."

Potchefstroom

Biekierus Selfsorg Akkommodasie

"We were pleasantly surprised at the excellent service we received everywhere we went. Everyone was very friendly, a lovely warm town."

Potchefstroom

Elgro River Lodge

"Alles wat jy nodig mag kry. Pragtige gholfbaan en inkopiesentrum."

Potchefstroom

Schoemanshof

"Die grondpaaie is baie rof vir 'n gewone kar as mens êrens heen wil gaan."

Potchefstroom

A Tapestry Garden Guest House

"Gastehuise moet miskien net aandui dat hulle na aan die Universiteit is. Ons bespreek die afgelope 4 jaar verblyf in Potch om ons dogter wat 'n student is te besoek en sou net graag verblyf wou hê na aan die Universiteit. Dit is miskien net raad vir gastehuise om miskien voorsiening te maak vir ouers wat hulle kinders besoek."

Potchefstroom

Adato Guest House

"Potchefstroom rustiger kalm plek om te besoek."

Potchefstroom

The Bostokelos Guest House and Spa

"Het in die negentigjare met Reef Steamers se vintage stoomtrein gereis vanaf Johannesburg-stasie na Potchdam, toe die trein daar arriveer was braaivure gereed vir passasiers om hul eie vleis te braai, hulle moes eie opvoustoele saamneem en eetgerei, na twee ure het die trein terug vetrek na Johannesburg. Stoomtreinrook, braaivuurrook en die gefluit van die trein, roet in die hare kop by die venster uit met wind in die gesig, die golwende mielielande en huilende Wilgebome by die stroompie water in die wind, dit alles is harmonieus, wat meer wil stadskind hê. Dit voel of die trein moet stop by die padkruising sodat President Paulus Kruger te perd die spoorlyn kan oorsteek. Ek het ook ongeveer drie jaar gelede Aardklop bygewoon vir dag en aand vertoningbedsprekings, het oornag by vriende in Parys. Dit was klassieke vertonings, sal altyd Aardklop aanbeveel. Potch is definitief 'n studente- en landbougemeenskap."

Potchefstroom

Presidensie Guest Rooms

"So 'n pragtige dorp, maar ongelukkig is daar drastiese agteruitgang van die paaie en sekere geboue in die midde dorp."

Potchefstroom

The Feather Hill Boutique Hotel

"Great town with some new and unexpected things to do."

Potchefstroom

Bietjie Bosveld Lodge

"I was born here so it was a trip down memory lane. My kids loved it - some museums were closed due to COVID, but there was enough to keep us busy for a morning."

Potchefstroom

Molenhof Gastehuis

"Ons hou maar nog altyd lekker vakansie daar, rustig en weg van die stadslewe."

Potchefstroom

Dream Stop Guest Rooms

"Potch is ’n baie interessante omgewing en kan aan die meeste gaste ’n baie lekker kuier voorsien."

Potchefstroom

Opstal Gasteplaas

"Dit is 'n regte universiteitsdorp met pragtige boomryke strate, wees net op jou hoede vir die slegte paaie in die dorp."

Potchefstroom

Opstal Gasteplaas

"Ons was net daar om ’n begrafnis by te woon, maar sou graag langer wou bly. My man was daar tydens sy diensplig. Ons kon nie regtig baie rondry nie. Dit was hartseer van die afebrande stasie."

Potchefstroom

2 Owls Guesthouse

"’n Pragtige boomryke dorp."

Potchefstroom

2 Owls Guesthouse

"Lovely vibey student atmosphere and good service at the restaurants which we visited during our stay."

Potchefstroom

A Touch of Grace

"Stunning dorpie."

Potchefstroom

Die Opstal Gastekamers

"Ek hou baie van die dorp met sy unieke karakter. Sou graag meer tyd daar wou spandeer het."

Potchefstroom

Green Meadows Apartments

"By die Bult is dit mooi, maar die res van die dorp is baie verwaarloos. Ek is baie jammer daaroor. Ek het daar groot geword en studeer. Dit lyk nou sleg - veral in die middedorp."

Potchefstroom

Opstal Gasteplaas

"Potchefstroom is nou maar eenmaal 'n baie mooi natuurlike omgewing met redelike eetplekke."

Die Bult, Potchefstroom

Dream Stop Guest Rooms

"Vir studente hoofsaaklik!"

Potchefstroom

Die Opstal Gastekamers

"Universiteitsdorp."

Potchefstroom

25 On Pretorius

"Het dit baie geniet en gaan gereeld daarheen."

Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom

Adato Guest House

"Ek is van die Kaap en sal definitief weer in September vir my studies se werkswinkel, by jul kom bly."

Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom

Adato Guest House

"Potchefstroom is 'n pragtige plekkie, baie agteruitgegaan t.o.v skoon strate en paaie."

Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom

Bauhenia Potchefstroom

"Die sentrale deel van Potchefstroom is baie verwaarloos."

Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom

Hill Manor

"Really just a student town to be honest. We came to do business, so cant really say we did any touristy stuff. "

Blad
Blad 13 - Wys 361 tot 390
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang