Geverifieerde Resensie
Pretoria East
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria East bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 612 resensies.
"Dit sal goed wees as daar 'n verskeidenheid restaurante beskikbaar is en nie net een nie."
"Winkelkomplekse is naby en daar is baie om van te kies indien inkopies gedoen moet word."
"Dit lyk of daar heelwat aktiwiteite in omgewing is, maar het nie tyd gehad nie."
"Ek kan nie dink daar is iets om op te verbeter nie, dit is klaar uitstekend."
"Silver Lakes is baie veilig, rustig en skoon. Ek sal weer gaan kuier verseker!"
"Besoek gerus Blos Cafe vir 'n oornagopsie en heerlike kos en atmosfeer! 10 uit 10 vir hulle."
"Die area is onbekend aan ons, maar die dae wat ons daar was, was baie aangenaam. Ons het van die winkelsentrums gaan besoek, asook natuurlik die restaurante. Daar is geen klagtes nie. Dit was alles skoon en aangenaam. "
"Puik "golf estate" met baie goeie sekuriteit en 'n pragtige gholfbaan en klubhuis. Die atmosfeer is kosbaar en rustig. "