Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2125 resensies.
"Groot ontwrigting as gevolg van loadshedding, swaar verkeer en ongeduldige bestuurders. Dit is 'n geskiedkundige middestad en die ou geboue is verwaarloos en geruineer. Eksklusiewe woongebiede en baie sekuriteithekke wat sekere areas moeilik begaanbaar maak."
"Ek het self lank daar gewoon en al wat my soontoe lok is my ouers, kinders en kleinkinders. Ongelukkig is Pretoria lank reeds nie meer 'n plek waar mens wil wees nie."
"Pretoria Oos het ongelooflik baie trou venues en daar is beslis 'n groot behoefte aan akkommodasie wat voorsiening kan maak daarvoor."
"Vir ons wat 'n troue in Pretoria-Oos gehad het en 10 km van die venue was was dit baie gerieflik en veilig. Baie goed geleë en sal dit beslis aanbeveel vir 'n oornagplek in Pretoria."
"Voortrekkermonument is 'n moet. Was vir ons as gesin 'n belewenis. Eetplekke en markte is daar genoeg om van te kies."
"Oktoberfest by die Duitse skool is 'n fees en sal beslis weer gaan volgende jaar."
"Ons kom van die Platteland. Moes noodgedwonge oorslaap want ons moes by die hospitaal daar naby 'n afspraak nakom."
"Hou baie van Pretoria, toeganklik en vriendelike. Skoon. Kom redelik veilig voor in die dele waar ek was."