Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2125 resensies.
"UNISA wat 'n gerespekteerde akademiese instituut is, is baie na aan die gastehuis geleë en waarskynlik heelwat gaste kan lok. Hiervoor moet die oornag fasiliteite wat beskikbaar gestel word juis so wees om gaste te ontvang en gemaklik te kan voel. Die area huisves ook verskeie hospitale waar families waarskynlik pasiënte moet besoek, daarom is die fasiliteite 'n vereiste om op standaard te wees. "
"Baie besige roetes in die omgewing. Kan baie plekke vandaar opspoor. Aangenaam. "
"Ons tyd is by Groenkloof Life Hospitaal spandeer, ons het nie werklik Muckleneuk verken nie."
"Ek dink nie dit is regtig 'n toeristebestemming nie. Dit is meer 'n basiese blyplek vir mense wat selfversorgend wil wees en waarskynlik langer tydperke blyplek soek. Bv. families met geliefdes in hospitaal of verlengde besoek aan die stad. Die onmiddellike omgewing is nie ideaal vir toeriste nie en ook nie naby gewilde toeristebestemmings nie. "
"Nie seker van Lyttlelton Manor as verblyfbestemming want dit was eerste keer wat ek in daardie omgewing kom. "
"Queenswood is 'n ouerige, veilige, netjiese buurt met vriendelike mense, uitstekende restaurante en inkopiesentrums. Dit is redelik sentraal geleë in Pretoria - maklik om by ander plekke te kom as jy hier bly."
"Indien ons Pretoria besoek is dit gewoonlik vir doktersbesoeke en dan is Garsfontein vir ons ideaal, dis naby hospitale, winkelsentrums en veilig. "
"Goed geleë naby alle fasiliteite; verkeer beide rigtings is altyd 'n probleem."