Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2125 resensies.
"Pragtige, veilige area. Jy voel nie jy bly in 'n stad nie, dit is stil en die natuurskoon uitmuntend."
"Ek was daar vir 'n kursus. Clubview was maklik bereikbaar vanaf die hoofweë en verder was daar geen stryd met verkeer nie. Ek het nie toerismemoontlikhede ondersoek nie. "
"We appreciated the fact that the location is somewhat akin to a country retreat, away for the ‘business’ of the city. Tranquil, easily accessible in terms of traffic to the major routes. Great idea to book this on the way home from your travels and as a ‘date-night’ out. "
"My seun het my die nuwe Menlyn Teater gaan wys en die hotel met die balcony waar jy 'n drankie kan geniet (soos in New York). Bly ons land bou en beweeg aan na die toekoms. Baie mooi area en ek het veilig gevoel daar."
"Ons het Wierdapark as baie veilig ervaar. Daar is voldoende inkopiesentrums en eetplekke asook baie besienswaardighede in die omgewing. Daar is ook 'n uitstekende mediese sentrum in die omgewing. Die verkeer, alhoewel druk met tye is heeltemal aanvaarbaar, veral vir plattelanders!"
"Die blyplek self is nou nie 'n toeristebestemming nie, maar dit is goed geleë in Pretoria wat natuurlik baie toeristebestemmings het."
"Pretoria-Oos is nog altyd my voorkeur en verkies dokters en hospitale in die omgewing aangesien veilig voel."
"Moreletapark is 'n ideale woongebied en is baie veiligheidsbewus, goeie sekuriteit word ook daar gehandhaaf, dit is 'n rustige en mooi area."