Verified Reviews
Richmond
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Richmond
Rated 3.8 out of 5 based on 292 reviews.
"We didn't go into Richmond - no need to leave the farm, which is tranquil and beautiful."
"Die mense op hierdie dorp ken gasvryheid. Die Black Room en MAPS is 'n moet stop. Richmond spog met talle goeie gastehuise waarvan Kliphuijs en Richmond Cafe &Rooms van die beste gehalte is. Die eienaars van Richmond Cafe&Rooms besit ook die Karoo Padstal wat na ons beskeie mening die beste padstal is in SA."
"Ons het verlief geraak op die plek. Richmond, jy sien ons binnekort weer!"
"Pragtige vriendelike Karoo Dorpie! Die boekefees was 'n belewenis. Die MAP uitstalling is verstommend. Die tyd was te min om alles te sien. Sal beslis weer daar kuier. Die Vetmuis-plaaskombuis se kos is puik."
"Ek was net in die aand daar, het die volgende oggend weer baie vroeg in die pad geval."
"Klein en lekker dorpie met 'n mooi kerk as besienswaardigheid. Het nie te veel gesien nie want ons het laat daar aangekom en weer baie vroeg vertrek, was meestal donker."
"Daar is talle gastehuise, meestal in van die ou huise langs die hoofstraat. Andersins lyk die dorp ongelukkig of dit agteruit gaan. Ons wou graag weer na die massiewe versameling tweedehandse boeke gaan kyk, maar dit is ongelukkig verskuif na 'n ander lokaal waarvan ons onbewus was. Maar die boekefees is die moeite werd!"
"Dit was lekker in die middel op pad Jhb toe, maar lawaaierig. Maar nie 'n slegte keuse vir slegs 'n nag se oorslaap."
"Beautiful, small place. Church stands out. Easy access to and from N1. Municipality busy early in the morning, cleaning and fixing."
"Die dorpie het ‘n finansiële inspuiting nodig, en kan doen met nog toeriste wat oorslaap!"