Geverifieerde Resensie
Riebeek-Kasteel
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek-Kasteel bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 361 resensies.
"A charming town less than an hour away from Cape Town! Friendly locals and delicious food. So many restaurants to choose from! Thoroughly enjoyed our visit in Riebeek-Kasteel. "
"Ons was daar vir 'n troue by Het Vlok Kasteel. Die omgewing is baie mooi en mense baie vriendelik."
"Lovely and quiet destination away from the city, great food, coffee, wine, olives, art galleries, interior decor shops and more. "
"Dit is die derde keer dat ek Riebeek-Kasteel kies vir 'n wegbreek. Dit is 'n heerlike dorp met al sy snuisterye asook die groot dekor stoor is 'n groot attraksie om te besoek. Heerlike en genoeg eetplekkies met 'n groot verskeidenheid. Dit was weereens 'n aangename ervaring om Riebeek te besoek."
"As ek kon, sou ek net daar gebly het. Wonderlike plekkie met die vriendelikste mense!"
"Beautiful town just an hour out of Cape Town. So much to see and do. Great restaurants, awesome and you need to visit Garagista brewery, exceptional beer!"
"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."
"Dit is 'n juweel wat liefs 'n geheim moet bly. Vol eetplekke, winkeltjies, wyn - & olyfproeplekke. Lots of things to do."
"Ek het as kind koshuis bygewoon op Riebeek-Wes en dit was verskriklik lekker om weer vir die eerste keer na 31j jaar terug te kom hiernatoe. "
"Pragtig. Olywe en goeie wyne te proe. Lekker kuierplekke. Lekker basis om buurdorpe ook te verken. Kan dalk meer fisiese aktiwiteite byvoeg."
"Riebeek Kasteel is 'n pragtige dorp. Die mense is vriendelik en plat op die aarde. Die Riebeek Vallei Kwekery is absoluut fantasties en vir enigeen wat lief is vir tuinmaak en hou van inheemse plante kan ek dit ten sterkste aanbeveel. Die plek is 'n juweel en die eienaar se kennis is ongelooflik. Die hele vallei is iets besonders."
"Dit is 'n baie oulike plekkie en natuurlik met die olyfplase en markie wat hulle bied maak dit nog meer aanloklik."
"Pragtige dorpie met daardie tipiese plattelandse gevoel. Soveel interessante dinge om te sien en te doen. Beans about Coffee en Mama Cuccina restaurant is uitstekende eetplekke."
"Lieflike omgewing. Ons het die dorp as basis gebruik vir die verkenning van die omliggende dorpe soos Tulbach, Wolsley, Ceres, Porterville en Wellington. Daar is goeie restaurante in die dorp, asook talle interessante winkels. "
"'n Interessante dorpie. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Ek sal beslis weer daar 'n draai wil gaan maak."
"I love this little South African Gem! I would recommend a visit to Riebeek to anyone. "
"Die Riebeeck-vallei bied baie, spandeer 'n naweek om die verskeie attraksies te besoek."