Geverifieerde Resensie
Riversdale
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riversdale bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 178 resensies.
"Om weg te breek vir 'n naweek of 'n rustige vakansie, sal Riversdal jou plek wees."
"Daar is wel nie baie te doen vir die stadsjapies nie, maar die ou tronk is besonders en daar is baie ander interessante eetplekkies en winkeltjies waardeur mens kan snuffel. Dit is sentraal tussen die berg en die see, en bied ook baie buitelugaktiwiteite in die omgewing."
"Dit is 'n netjiese dorp met vriendelike mense. Mooi natuurskoon en berge en besienswaardighede binne ry-afstand."
"Riversdal is 'n oulike dorpie, en meer van 'n pit stop dorpie. Daar is nie veel om te doen in die dorp nie, maar liefs in die omringende areas, maar dit was rustig en gepas vir ons, en ons doel vir die naweek. Dit was lekker om weg te breek van die stad en bietjie stilte te kom soek. En die dorp is veilig."
"Die mense is vriendelik en gasvry en daar is allerhande interessante doendinge."