Geverifieerde Resensie
Robertson
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Robertson bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 525 resensies.
"Ons geniet dit om in Robertson te gaan kuier. Ons het die aand by die Four Cousins restaurant gaan eet. Die kos smaakvol en baie goed voorberei en bedien. Ons sal Four Cousins definitief aanbeveel."
"Kan dalk meer adverteer op Facebook waar die meeste mense vandag goed en plekke soek."
"A small town surrounded by many wine estates, it is a good central point to stay in for exploring the neighboring towns and estates. Not much happening in town itself, but beautiful old churches and lovely people."
"Saggy Stone is 'n wenner. Het dit reeds aanbeveel. bestuur en personeel vriendelik, behulpsaam en kos uitstekend."
"Julle sien ons sommer gou weer! So lieflike plek en ervaring! "
"Pragtige dorp met goeie akkommodasie, goeie winkels, beste restaurante."
"Dis altyd 'n plesier om Robertson en die omliggende wynplase te besoek. Mens word orals hartlik ontvang en personeel is almal goed opgelei, vriendelik, professioneel en behulpsaam. Toeriste behoort gerus 'n plan te maak om die omgewing te besoek."
"Robertson has a lot to offer, and of course Klipdrift is located close by and De Wetshof winery went the extra mile in welcoming us and you can do contact them also to arrange a tasting, to name just a few."
"Alles is maklik bykombaar. Gaan maak 'n draai by R62 diner en Eseltjiesrus Donkey Sanctuary by McGregor."
"Die hele dorpie het 'n wonderlike atmosfeer en die wynplase is great! Baie om ook in die omgewing te doen. "
"Ons het ons eie wyntoer deur die omgewing gehou, oral wyn geproe en aangekoop by die wynkelders, heerlike Chardonnay en Sauvignon Blanc ontdek, ons het oral vriendelike diens en gasvrye mense ervaar, Robertson het pragtige, groen tuine by hul toeriste-bestemmings, en oral is 'n heerlike ontspanne en gesellige atmosfeer!"
"Dit sal lekker wees om 'n swemplek naby te hê vir die warm somermaande. "
"Ek en my vrou is baie lief vir Robertson en wou graag daar gaan aftree. Pragtige dorp."
"Robertson is 'n mooi dorp met verskriklik baie om te doen. Daar is baie wynplase in die omgewing om te besoek."