Geverifieerde Resensie
Robertson
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Robertson bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 724 resensies.
"Dit was so lekker op die plaas by the Cottages ons het op die ou end min ander besienswaardighede besoek."
"Baie min om te doen na 14:00. Op 'n Saterdag en Sondag is alles, insluitende wynplase, toe. "
"Robertson is 'n ongelooflike mooi dorp en die omliggende wynplase maak dit 'n droomvakansie. Dit is ook naby genoeg aan Struisbaai vir 'n daggie by die see of Worcester indien die winkels jou roep. "
"Robertson is 'n baie oulike dorpie met lekker goedjies om te doen. Gaan besoek dit gerus saam jou gesin of familie."
"Puik omgewing om wynplase te besoek en wyn te proe. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam. "
"Robertson is 'n pragtige dorp met alles reg daar, dis nie nodig om verder te ry en te gaan soek na iets elders nie. Vriendelike mense. Sal beslis weer daar deurry."
"In Robertson en omgewing is baie om te doen en te sien, jy kan dit beslis nie in een naweek doen nie."
"Robertson is pragtig en daar is so baie om te sien en doen. Uit te kom uit stadsgewoel. Mense is vriendelik en behulpsaam en daar is niks wat jy nie kan kry wat jy benodig."
"Robertson is altyd lekker! As jy nou kamp of in 'n hotel bly, daar is baie om te doen vir die hele familie en die mense is vriendelik. Die weer is partykeer onvoorspelbaar, so neem maar net klere vir elke seisoen."
"Lots of activities in regards to winery, but lacks many outdoor activities for people who are not interested in wine."
"Ek is beïndruk met die dorp se algemene voorkoms. Lyk na 'n lekker plek om te bly."
"Het daar groot geword, altyd wonderlik. Sal baie graag meer tyd daar wou deurbring. Dit bly 'n heerlike ervaring om deur die strate en die distrik te ry. "
"Robertson is die mooiste ou dorpie en ons was so beïndruk met die restaurante! Het bitter lekker geëet! "
"Die plekke om te sien is beeldskoon en hemels en die natuurskoon en gastehuise is baie mooi."