Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 741 resensies.
"Its a place where I would stay on my retirement. It's nice and quiet and the view of the beach is amazing. The people of Saldanha are friendly."
"Sal enige tyd weer daar wil vakansiehou. Die lug en gemeenskap was fantasties."
"Saldanha is pragtig en die natuur is wonderlik. Elke foto en video wat ek geneem het is asemrowend. Langebaan, Paternoster, St Helenabaai, Tietiesbaai, ensovoorts, was naby genoeg en ons het elke aand tot laat langs die strand gestap en die sonsondergang bewonder."
"Die mense van Saldanha is vriendelik. 'n Goeie basis om die Weskus se dorpies te verken."
"Dit was vir ons 'n baie lekker dorp om in te bly. Dit is ook nie te ver van ander kusdorpe soos Langebaan en Patenoster af nie."
"Saldanha bied baie moontlikhede en die dorpies rondom is lieflike toeristetrekpleisters. Miskien moet Saldanha meer bemark word."
"We made time to feel and see the character of the town - perfectly situated and very interesting. It was a treat to discover Saldanha."
"Saldanha is die tipe plek waarna 'n mens maar altyd sal terugkeer omdat die plek deesdae voortdurend verander soos 'n verkleurmannetjie. Daar is altyd iets nuut en die rustigheid is ook 'n groot aantrekkingskrag. Moet net 'n bietjie meer toepasliker word vir mense met gestremdhede ... die sypaadjies en strand is nie eintlik vriendelik vir hulle nie."
"Saldanha is very quaint. Not far away is the Langebaan Nature Reserve which is stunning with beautiful beaches at the end of a picturesque drive. We saw 10 items of wild life. Very happy."
"Saldanha is 'n hawedorp, so daar gaan nie veel aan nie. Die omgewing is pragtig en baie mooi om in rond te ry en eetplekkies uit te probeer."
"Ons was net bietjie bang om op die strand rond te loop. Meer veiligheid op strand word aanbeveel want ons was deur een van die inwoners aanbeveel om liefs nie so alleen op strand te loop nie want hy was al helder-oordag aangeval. Verder is Saldanha n lekker plek om jou vakansie te geniet."
"Die nabygeleë Weskus Mall maak dit 'n gerieflike bestemming. Ook binne trefafstand van baie ander kusdorpe soos Langebaan, Jacobsbaai, Paternoster, ens."